SA be­stee meer aan IT, min­der aan toe­stel­le

Beeld - - Sake Beeld - Niel Jou­bert

Suid-A­fri­kaan­se on­der­ne­mings en ver­brui­kers gaan van­jaar meer geld aan in­lig­tings­teg­no­lo­gie( I T) be­stee, maar min­der aan re­ke­naars, ta­blet­te en slim­fo­ne.

Be­ste­ding aan IT in SuidA­fri­ka gaan van­jaar met 2,4% toe­neem tot R266 mil­jard, vol­gens die na­vor­sings- en ad­vies­maat­skap­py Gart­ner.

Sag­te­wa­re gaan na ver­wag­ting die bes pres­te­ren­de seg­ment wees en gaan op ’n jaar­grond­slag met 13,2% toe­neem.

Be­ste­ding aan toe­stel­le, waar­on­der re­ke­naars, ta­blet­te en slim­fo­ne, in Suid-A­fri­ka gaan na ver­wag­ting met 4,6% daal. Aan­ko­pe van toe­stel­le deur on­der­ne­mings en ver­brui- kers ver­lang­saam te mid­de van sty­gen­de pry­se en met die ver­wag­ting van nu­we pro­duk­te.

“Dit gaan eg­ter in 2018 ver­be­ter,” sê John-Da­vid Lo­velock, ont­le­der van Gart­ner.

“Die be­kend­stel­ling van top­klas slim­fo­ne sal die be­ste­ding hier­aan in 2018 met 3,8% laat toe­neem.”

Be­ste­ding aan kom­mu­ni­ka­sie­diens­te, die groot­ste seg­ment in Suid-A­fri­ka, het in 2017 met 0,8% tot R122 mil­jard toe­ge­neem.

“Prys­me­de­din­ging tus­sen maat­skap­pye, te­sa­me met ver­brui­kers wat ui­ters sen­si­tief is oor pry­se, ver­hin­der be­dui­den­de groei in be­ste­ding in hier­die seg­ment, ten spy­te van ’n al­ge­he­le toe­na­me in men­se wat mo­bie­le toe­stel­le be­sit.”

Be­ste­ding aan toe­stel­le kan weer in 2018 ver­be­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.