Vo­ël­griep kan nóg 2 500 men­se hul werk kos

Graan­pro­duk­sie kan ook ly as bu­re se ver­bod lank duur

Beeld - - Sakenuus - Vi­da Booy­sen

As vo­ël­griep nie baie vin­nig uit­ge­wis word nie, gaan nóg 2 500 men­se in die suk­ke­len­de SuidA­fri­kaan­se hoen­der­be­dryf hul werk ver­loor.

Min­stens 1 300 men­se is die af­ge­lo­pe jaar af­ge­lê om­dat Rain­bow C­hic­ken skof­te by sy aan­leg in Ham­mars­da­le, K­waZu­lu-Na­tal, ver­min­der het weens die voort­sle­pen­de k­ri­sis met goed­koop in­ge­voer­de hoen­der.

Da­wie Ma­ree, hoof van in­lig­ting en be­mar­king van FNB se land­bou­af­de­ling, sê die ver­bod wat buur­lan­de op die in­voer van Suid-A­fri­kaan­se hoen­der ge­plaas het, sal ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king hê.

“’n Aan­sien­li­ke deel van ons uit­voer-braai­hoen­der gaan na Na­mi­bië, Zim­bab­we en Botswa­na en die ver­bod is ’n groot slag vir die plaas­li­ke be­dryf, wat al die af­ge­lo­pe twee jaar met ’n af­swaai wor­stel.”

Ma­ree waar­sku as die ver­bod lan­ger as ’n paar maan­de aan­hou, kan die pro­duk­sie en bru­to toe­ge­voeg­de waar­de met 0,13% in­krimp. “Die graan­be­dryf sal ook ’n knou kry, aan­ge­sien hy voer aan die pluim­vee­be­dryf ver­skaf.”

Gau­teng is die jong­ste pro­vin­sie wat on­der die hoogs aan- steek­li­ke vo­ël­griep­vi­rus deur­ge­loop het.

In­tus­sen kring kom­mer uit oor die ver­moë van die de­par­te­ment van land­bou om die ver­sprei­ding van die vi­rus te keer.

Dins­dag­aand het die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye in ’n ver­kla­ring ge­sê die vi­rus, wat nie ge­vaar­lik vir men­se is nie, het by nóg twee hoen­der­pla­se uit­ge­breek.

Een van die kom­mer­si­ë­le lê­hen­pla­se is in Gau­teng en die an­der een wat nou ge­tref is, is in M­pu­ma­lan­ga, waar die siek­te eer­ste op­ge­merk is.

Met die twee nu­we uit­bre­kings van die hoogs aan­steek­li­ke vo­ël­griep­vi­rus H5N8 word vier pluim­vee­pla­se nou ge­raak.

Die de­par­te­ment het ook be­ves­tig dat daar nou glad nie meer hoen­ders op die eer­ste twee pla­se is wat deur die uit­bre­king ge­raak is nie.

Dit is kri­tiek nood­saak­lik dat die hoen­der­be­vol­kings wat ge­raak word, ten vol­le uit­ge­wis word om die siek­te se ver­sprei­ding te be­perk, sê Wes­sel Lem­mer, se­ni­or land­bou-e­ko­noom van Ab­sa.

“Die H5N8-vi­rus is hoogs aan­steek­lik en die ver­sprei­ding kan tot mas­sie­we ver­lie­se vir die plaas­li­ke be­dryf lei.”

Lem­mer sê daar is vol­doen­de sa­me­wer­king in die pri­va­te sek­tor, maar “ons be­no­dig drin­gen­de en be­slis­sen­de op­tre­de van die staat oor hoe daar van die vo­ëls wat van kant ge­maak is, ont­slae ge­raak gaan word.”

Die staats­vee­arts het al die pla­se wat ge­raak word on­der kwa­ran­tyn ge­plaas. Dit be­hels ’n al­ge­he­le ver­bod op die be­we­ging van hoen­ders na en van die per­se­le.

Een van die pla­se het in die af­ge­lo­pe 21 dae hoen­ders aan ’n a­bat­toir ge­le­wer en dié be­we­gings word vol­gens die de­par­te­ment nou na­ge­speur om so­veel van die hoen­ders moont­lik op te spoor.

Boe­re moet hul­le by die Be­stuurs­a­gent­skap vir Pluim­vee­siek­tes re­gis­treer om le­wen­de hoen­ders te kan ver­koop weens die on­lang­se uit­bre­king van die vo­ël­griep.

Die lig­punt is dat die de­par­te­ment se streng maat­re­ëls om die be­we­ging van hoen­ders te mo­ni­tor dit moont­lik ge­maak het om so­veel van die hoen­ders as moont­lik wat ge­raak is, op te spoor.

V­re­se be­staan dat nog werk­ne­mers in die pluim­vee­be­dryf hul werk kan ver­loor in­dien vo­ël­griep ver­der uit­brei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.