Nas­pers­di­rek­teur kry R108 m. uit aan­de­le

Beeld - - Sakenuus - Han­lie S­tad­ler

S­te­ve Pa­cak, een van Nas­pers se nie-uit­voe­ren­de di­rek­teu­re, het eer­gis­ter by­na R37,9 mil­joen ver­dien na­dat hy 15 000 aan­de­le ver­koop het.

Die aan­de­le is teen ge­mid­deld R2 525,24 elk ver­koop – ef­fens min­der as die R2 585,00 waar­teen Nas­pers Dins­dag ge­sluit het.

Pa­cak (62), ’n ge­ok­trooi­eer­de re­ken­mees­ter wat in 1988 by M-Net be­gin werk het, was al on­der meer fi­nan­si­ë­le di­rek­teur van Nas­pers en tot Ju­lie 2015 van Me­dia24 voor­dat hy ’n o­n­af­hank­li­ke di­rek­teur in Nas­pers se di­rek­sie ge­word het.

Die aan­de­le is na ver­neem word teen R175 per aan­deel aan hom toe­ge­ken as deel van sy ver­goe­dings­pak­ket.

Dit is nie die eer­ste keer die af­ge­lo­pe jaar dat Pa­cak Nas­pers- aan­de­le ver­koop nie. Hy het in De­sem­ber na­ge­noeg R15,4 mil­joen se aan­de­le ver­koop en la­ter in die­self­de maand R55,38 mil­joen se aan­de­le. In De­sem­ber het hy ’n ge­mid­del­de prys van R1 987 per aan­deel ge­kry.

Sy to­ta­le ver­ko­pe oor die af­ge­lo­pe ne­ge maan­de kom dus neer op na­ge­noeg R108,68 mil­joen se aan­de­le. Daar­van gaan die SuidA­fri­kaan­se In­kom­ste­diens ’n be­dui­den­de be­drag aan ka­pi­taal- wins­be­las­ting ont­vang. Teen ’n mak­si­mum be­las­ting­koers van 45%, maar ná toe­ge­la­te af­trek­kings, kan dit min­stens R32 mil­joen se be­las­ting be­te­ken.

Pa­cak sê in re­ak­sie: “Ek het groot ge­loof in die lei­ers­korps en voor­uit­sig­te van die groep. Hier­die is een­vou­dig her­ba­lan­se­ring [van my por­te­feul­je].”

“Ek re­ken al die di­rek­teu­re se ba­te­poel is erg ge­kon­sen­treerd in Nas­pers, so ek re­ken dit is wys om van tyd tot tyd ’n bie­tjie te di­ver­si­fi­seer,” sê A­bri du P­les­sis, uit­voe­ren­de hoof van Gryphon Ba­te­be­stuur.

Cas­sie T­reur­nicht, ook van Gryphon, be­aam dat dit ’n gel­di­ge re­de vir ’n ou­er di­rek­teur is om na sy por­te­feul­je te kyk en nie te veel van sy wel­vaart in een maat­skap­py te kon­sen­treer nie. ) Sa­ke is ’n pu­bli­ka­sie van Me­dia24, ’n fi­li­aal van Nas­pers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.