KPMG en kie moet aan­spreek­lik ge­hou word, sê sa­ke­lei­ers

Beeld - - Sakenuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Hy “ver­wag dat sy le­de ge­pas sal re­a­geer op sul­ke oor­tre­dings”, sê Bu­si­ness Le­a­ders­hip South A­fri­ca (BLSA) oor die be­rig­te dat groot on­der­ne­mings by staat­skaping be­trek word.

In die laas­te we­ke is eers KPMG, toe M­cKin­sey en nou SAP in Suid-A­fri­ka by be­weer­de kor­rup­sie ge­ïm­pli­seer in die e-pos­bood­skap­pe van die Gup­ta-fa­mi­lie wat aan die me­dia uit­ge­lek is.

“On­der­ne­mings moet aan­spreek­lik ge­hou word vol­gens die hoog­ste e­tie­se stan­daar­de, wet­te en die gees van goeie kor­po­ra­tie­we be­heer,” sê die BLSA, ’n or­ga­ni­sa­sie son­der wins­be­jag wat ge­reeld mond uit­spoel oor kor­rup­sie in die re­ge­ring.

Van Suid-A­fri­ka se top­sa­ke­lei­ers, soos A­dri­an Go­re, uit­voe­ren­de hoof van die Dis­co­ve­ry-groep, Sim Ts­ha­ba­la­la, uit­voe­ren­de hoof van S­tan­dard Bank, S­te­phen Ko­seff, uit­voe­ren­de hoof van In­ves­tec Bank, en Nic­ky Ne­w­ton-King, uit­voe­ren­de hoof van die JSE Be­perk, is di­rek­sie­le­de. Die voor­sit­ter is Ja­bu Ma­bu­za, voor­sit­ter van Tel­kom.

Die sa­ke­sek­tor se ver­moë om te funk­si­o­neer hang af van die ver­troue wat die sa­me­le­wing in hom het.

“E­ni­ge ge­drag wat hier­die ver­troue on­der­myn, is on­aan­vaar­baar,” sê die BLSA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.