Spaar word hoog­mo­de

Beeld - - Sakenuus - Niel Jou­bert Hoe werk dit? Wen ’n band­jie!

San­lam wil met ’n ont­wer­pers­arm­band­jie help dat ’n mens ook op die in­ge­wing van die oom­blik kan spaar . . . net so mak­lik as om daar­die cap­puc­ci­no op pad werk toe te koop.

Ju­lie is Spaarmaand en San­lam glo dit is die i­de­a­le ge­leent­heid om sy Mna Nam-arm­band be­kend te stel. Dié mo­de­by­kom­stig­heid, ont­werp deur die mo­de­ont­wer­per La­du­ma Ngxo­ko­lo, is “funk­si­o­ne­le mo­de” of draag­ba­re teg­no­lo­gie met ’n QR-ko­de. Deur dit saam met jou slim­foon te ge­bruik, laat dit jou toe om te “skan­deer en te spaar”.

Yegs Ra­mi­ah, uit­voe­ren­de hoof van San­lam Brand, sê die fo­kus is om Suid-A­fri­ka­ners so­ver te kry om hul fi­nan­si­ë­le ge­drag te ver­an­der.

Men­se wil nie som­mer oor spaar of hul geld­sa­ke praat nie en San­lam moes dus met iets boei­ends vo­ren­dag kom om men- se se aan­dag op spaar te ves­tig. Die QR-ko­de op die Mna Nam-band­jie word ge­kop­pel aan ’n WeC­hat-beur­sie, on­der­steun deur S­tan­dard Bank. Trur­man Zuma, uit­voe­ren­de hoof van San­lam Re­cur­ring Sa­vings, sê die band­jie dien ook as ’n vi­su­e­le her­in­ne­ring om te spaar.

“As jy in die og­gend daar­die kop­pie kof­fie wil koop en jy sien die band­jie, sal jy ho­pe­lik twee keer dink en eer­der be­sluit om die geld te spaar.”

Ra­mi­ah sê Mna Nam gee men­se die mag om te kies of en wan­neer hul­le wil spaar. Hoe mak­li­ker dit is om iets te doen, hoe waar­skyn­li­ker is dit dat men­se dit wel sal doen. En dít is die doel­wit van Mna Nam. Jy kan ’n band­jie wen deur Mna Nam se web­werf te be­soek en jou be­son­der­he­de in te vul. Ge­brui­kers sal WeC­hat moet af­laai en ’n WeC­hat-beur­sie moet skep om op dié ma­nier te spaar.

Die QR­ko­de op die Mna Nam­band­jie word ge­kop­pel aan ’n WeC­hat­beur­sie, on­der­steun deur S­tan­dard Bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.