Hon­gaar wen 1ste skof op Ber­g­ri­vier

Beeld - - Sakenuus - – S­port­re­dak­sie

Daar was gis­ter vol­op ak­sie in die ver­kor­te eer­ste skof van die Ber­g­ri­vier-ka­no­ma­ra­thon.

A­drián Boros van Hon­ga­rye het die Suid-A­fri­kaan­se ve­te­raan Gra­e­me So­lo­mon net-net in ’n na­el­rit ge­klop.

Boros het die 46 km van die Paarl na die Her­mon­brug in 3 uur 45 mi­nu­te 45 se­kon­des af­ge­lê met So­lo­mon net twee se­kon­des ag­ter hom.

Dit is gis­ter be­ves­tig dat die vlak van die Ber­g­ri­vier die laag­ste is se­dert 1973. Roei­ers moes boom­stom­pe en vlak wa­ter trot­seer.

Boros het staat­ge­maak op So­lo­mon se ken­nis van plaas­li­ke toe­stan­de om hom te help, maar het die Suid-A­fri­ka­ner toe teen die ein­de tak­ties uit­oor­lê.

Boros het ag­ter­na ge­sê hy is baie ge­luk­kig met dié uit­slag.

“Die toe­stan­de was be­drieg­lik met hin­der­nis­se wat ons nie ge­had het toe ons voor­be­rei het nie. Ek het nie ge­weet waar­heen ek roei nie.

“Ek weet ek sal on­der druk wees, nie net van Gra­e­me nie.

“Op die der­de en vier­de dag sal daar baie plat wa­ter wees. Die an­der oor­se­se deel­ne­mers sal dan sterk deur- kom,” sê Boros.

So­lo­mon, ’n sub-mees­ter, het puik ge­roei en ver­al in die laas­te uur al­les uit­ge­haal.

“Ek voel ver­ba­send goed,” sê So­lo­mon (44).

Die Suid-A­fri­ka­ner is lan­ger en swaar­der wat hom in die la­er wa­ter iet­wat be­na­deel.

“Dit was reg­tig laag, so ek gaan al­tyd bie­tjie meer suk­kel as die lig­ter ou­ens. Ek kon tog daar­in slaag om by A­dri­an te bly. Ek was bly toe ons ver­by die stroom­ver­snel­ling by K­lei kom en die wa­ter bie­tjie die­per word. Ek kon toe weg­breek,” sê So­lo­mon.

Bi­an­ca Be­a­vitt, die ver­de­di­gen­de vrou­e­kam­pi­oen, het ’n in­druk­wek­ken­de eer­ste skof ge­had en is al­ge­heel 18de.

Sy sê haar dag was nie fout­vry nie. “Ek het ná so­wat 2 km uit­ge­val. Al­hoe­wel ek ’n goeie voor­sprong het, kan e­nig­iets op die Berg ge­beur. Met hier­die toe­stan­de kan daar­die voor­sprong vin­nig ver­dwyn,” sê Be­a­vitt.

“Die rot­se kan mak­lik ’n gat in jou ka­no maak en jou ’n te­rug­slag gee.”

Van­dag se ver­kor­te twee­de skof oor 33 km be­gin by die Gou­da­brug en ein­dig by B­rid­ge­town.

Fo­to: GAMEPLAN ME­DIA

A­dri­an Boros roei gis­ter voor in die 1ste skof van die Ber­g­ri­vier­ka­no­ma­ra­thon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.