S­wys het skool­geld be­taal

Hy het rug­by­brein soos min, sê S­try­dom

Beeld - - Sakenuus - Chris­to Bu­ch­ner

As daar nou ie­mand is wat sy skool­geld as rug­by­af­rig­ter be­taal het, is dit S­wys de Bruin.

So sê Piet S­try­dom, die eer­tyd­se Na­tal-keur­der en -span­be­stuur­der wat op sy dag heel­ag­ter vir die Vry­staat ge­speel het en deur die nu­we hoofafrigter van die Leeus be­skou word as een van sy men­tors.

“S­wys stap al ’n lang pad as af­rig­ter en het deur al die vlak­ke ge­kom. Hy is ’n den­ker en het ’n rug­by­brein soos min.

“Ru­dolf S­tra­eu­li en sy span by die Leeus moet ge­luk­ge­wens word met hul uit­ste­ken­de keu­se om S­wys in Jo­han Ac­ker­mann se plek aan te stel. S­wys is ’n uit­ste­ken­de be­leg­ging.

“Ek ken S­wys al 30 jaar as rug­by­af­rig­ter. Hy was ’n goeie skrum- en los­ska­kel en het vir die Na­tal-Dui­kers en Na­tal se B-span ge­speel, maar het vir Craig Ja­mie­son en Hen­ry Cox­well voor hom in die ry ge­had.

“Tog was hy ’n uit­ste­ken­de klub­spe­ler. As on­der­wy­ser by Dur­ban-Noord het ek hom as af­rig­ter leer ken. Hy was al­tyd pas­sie­vol oor sy span­ne en jy kon sien hy leef vir rug­by.

“Hy het ty­dig en on­ty­dig met sy span­ne ge­oe­fen en selfs pou­ses was hy op die oe­fen­veld. Hy het al­tyd se­ker ge­maak sy spe­lers is top­fiks en het al­tyd plan­ne­tjies ge­had om die teen­stan­ders uit te oor­lê,” sê S­try­dom.

“Hy kan selfs spe­lers met min ta­lent ont­wik­kel. Toe An­dré Mark­graaff hom des­tyds ge­kon­tak het om by G­rie­kwas te gaan af­rig, het hy ge­wik en weeg, maar ek het ge­sê gaan be­nut die kans om er­va­ring op te doen.

“Daar het hy vir die eer­ste keer reg­tig met die pro­fes­si­o­ne­le sy van rug­by te doen ge­kry en wat dit verg om kon­trak­te met spe­lers te help sluit. Die vyf jaar in Kim­ber­ley was ’n baie goeie leer­skool vir S­wys.

“Toe hy te­rug­kom na die Haaie, het hy die ju­ni­or span­ne af­ge­rig en ook ’n groot rol in die A­ka­de­mie ge­speel. Hy was selfs ook be­trok­ke by die Suid-A­fri­kaan­se o.20-span.

“S­wys het ge­dul­dig ge­wag vir hier­die kans om die hoofafrigter van ’n top­span te word. Hy werk hard en is baie deeg­lik in sy voor­be­rei­ding.

“Hy neem eint­lik nou in ’n moei­li­ke si­tu­a­sie oor by die Leeus. Ac­ker­mann se skoe­ne is groot om vol te staan.

“Dit is so­veel mak­li­ker wan­neer jy by ’n suk­ke­len­de span oor­neem, want dan is die ver­wag­tin­ge nie so groot nie.

“Hy kan eg­ter op sy eie voe­te staan en ek het vol­le ver­troue in sy ver­mo­ëns. Die spe­lers hou ook van sy per­soon­lik­heid en hy het goeie men­se­ken­nis.

“Hy is nie een van daai af­rig­ters wat dink hul­le weet al­les nie en is be­reid om hulp te vra en luis­ter na raad.

“Sy oe­fen­ses­sies is al­tyd in­te­res­sant en hy het vaar­dig­heid- spe­le­tjies ont­wik­kel om spe­lers se han­teer­ver­moë op te skerp. Hy het baie i­dees oor hoe die spel ge­speel moet word en het ook die ver­moë om dit in die prak­tyk te om­skep.”

S­try­dom ver­werp die op­vat­ting dat De Bruin se sterk punt is om met jong spe­lers te werk en dat hy moont­lik sal suk­kel om met groot na­me te werk.

“Dis ’n klomp on­sin, soos hy die af­ge­lo­pe vyf jaar by die Leeus ge­wys het. Die spe­lers daar het net die hoog­ste ag­ting vir hom en ek meen hul­le het be­slis ’n rol ge­speel dat hy nou as hoofafrigter aan­ge­stel is,” sê S­try­dom.

Fo­to: GALLO IMAGES

S­wys de Bruin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.