Sit ASA die pot mis?

Beeld - - Sakenuus - Wim P­re­to­ri­us

Suid-A­fri­ka sal moont­lik vol­gen­de maand nie een ver­teen­woor­di­ger in die 400 m-hek­kies vir mans op die Wêreldbyeenkoms in Lon­den hê nie.

Dit kom na­dat At­le­tiek SuidA­fri­ka (ASA) sy neus op­ge­trek het vir at­le­te wat die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se kwa­li­fi­se­ren­de ver­eis­tes be­haal het, maar nie sy eie nie.

Cor­nel F­re­de­ricks (49.27), LJ van Zyl (49.29), Con­stant P­re­to­ri­us (49.28) en Le Roux Ham­man (49.35) het al­mal die IAAF se ver­eis­te tyd van 49.35 ge­haal, maar kon nog nie van­jaar ASA se aan­sien­lik ho­ër ver­eis­te van 48.50 hard­loop nie.

In­teen­deel, ASA se ver­eis­te tyd is nog net 20 keer van­jaar in die wê­reld ge­hard­loop.

Net 12 at­le­te het dit al ver­mag.

In 2011 het Van Zyl die brons­me­dal­je op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap ver­o­wer toe hy 48.80 ge­hard­loop het met F­re­de­ricks wat in 2014 as die kam­pi­oen op die S­ta­te­bond­spe­le ge­kroon is. Toe­val­lig het F­re­de­rick hier 48.50 ge­hard­loop.

’n Ver­ras­sing is dat hoe­wel Le Roux Ham­man, die Suid­A­fri­kaan­se kam­pi­oen in die 400 mhek­kies, sal straks nie aan die IAAF se Wêreldbyeenkoms in Lon­den deel­neem nie na­dat ASA al vier die voor­ste 400 mhek­kies­at­le­te ge­ïg­no­reer het. net twee ma­ra­thonat­le­te ASA se A-stan­daard ge­haal het, die fe­de­ra­sie drie at­le­te in­ge­skryf het in ’n i­tem waar Suid-A­fri­ka se bes­te at­leet, Des­mond Mok­go­bu, 142ste op die 2017-wê­reld­rang­lys is.

In teen­stel­ling is F­re­de­ricks, P­re­to­ri­us en Van Zyl on­der­skei­de­lik 36ste, 37ste en 38ste in die 400-hek­kies.

A­ka­ni Sim­bi­ne en T­han­do Ro­to sal die land in die 100 ver­teen­woor­dig. Hoe­wel Way­de van Nie­kerk ook reeds ASA se ver­eis­te tyd van 10.03 ge­hard­loop het, het die O­lim­pie­se kam­pi­oen reeds aan­ge­dui dat hy op die Wêreldbyeenkoms net vir die 200 en die 400 be- ASA se A-stan­daard ge­haal.

Met net drie at­le­te wat per i­tem in­ge­skryf mag word, sal of Zarck Vis­ser of K­hot­so Mo­koe­na hul plek as ver­sprin­gers in die span kwyt wees wan­neer die fi­na­le groep op 23 Ju­lie be­kend ge­maak word.

Lu­vo Ma­nyon­ga en Rushwahl Sa­maai is on­der­skei­de­lik in 2017 die bes­te en naas­bes­te at­le­te in dié i­tem en is ver­se­ker van ’n plek in die span.

ASA sal ook saam met die fi­na­le span aan­kon­dig wat­ter af­los­span­ne na Lon­den sal reis met die 4x100-mans wat se­wen­de in die wê­reld is en die blits­tyd van 38.47 ver­mag het son­der van die to­pat­le­te in die 100.

Soos sa­ke nou staan sal net ses vrou­e­at­le­te op die vlieg­tuig klim.

Hoe­wel Ri­ke­net­te S­teen­kamp on­langs ui­t­ein­de­lik deur die grens van 13 se­kon­des in die 100 m-hek­kies vir vroue ge­breek het – die eer­ste SuidA­fri­ka­ner in 19 jaar – sal sy waar­skyn­lik ook nie ’n plek in die span kry nie.

Sy het 12.99 in Ostra­va ge­hard­loop, maar is steeds ’n ent ag­ter die voor­ste 19 tye in die wê­reld, wat al­mal on­der 12.60 is.

Pro­te­as ver­loor vroeë g­reep teen Ar­gen­ty­ne Win­dies se jon­ges maak dit 1­1 in een­dag­reeks

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.