Aus­sies leer jong Pro­te­as ’n les; nou wag Ki­wi’s

Beeld - - Sakenuus - Ann­chen Nel

Tal­ja Ven­ter, hulp­doel van die jong Pro­te­as, pro­beer die bal uit­gee met ’n sprin­gen­de Ta­ra Hin­chclif­fe van Aus­tra­lië breed in haar pad in gis­ter se net­bal­wed­stryd in die Wê­reld­jeug­toer­nooi. Die toer­nooi word in Ga­boro­ne, Botswa­na, be­slis. Suid-A­fri­kaan­se net­bal het gis­ter in Botswa­na weer ’n wek­roep ge­kry toe sy o.21-span met 27 doe­le teen Aus­tra­lië slae ge­kry het. En van­dag wag Nieu-See­land! Die Aus­sies het die jong Pro­te­as in hul laas­te wed­stryd in Groep B in die Wê­reld-jeug­toer­nooi in Ga­boro­ne met 65-36 ge­klop.

Suid-A­fri­ka het vroe­ër vir Bar­ba­dos, Zim­bab­we en Sin­ga­poer ge­klop.

Die Suid-A­fri­ka­ners het die wed­stryd puik be­gin en die Aus­sies van die eer­ste af­gooi on­der druk ge­plaas.

Die Aus­sies het nie­te­min ná die eer­ste kwart met 18-11 voor­ge­loop.

In die twee­de kwart het die jong Pro­te­as in­een­ge­stort. Hul­le kon net agt doe­le aan­te­ken teen­oor die Aus­sies se 21 (19-39).

Die Suid-A­fri­ka­ners het ge­jaag­de net­bal ge­speel en te veel on­ge­dwon­ge fou­te be­gaan.

Da­nel­le Lo­ch­ner (doel) en Tal­ja Ven­ter (hulp­doel) was se­nu­wee­ag­tig en het be­sit ver­loor ter­wyl hul­le in ’n be­ter doel­po­si­sie pro­beer kom het.

In die der­de kwart het die Pro­te­as die Aus­sies tot 14 doe­le be­perk en in die laas­te kwart tot 12. Hul­le kon self on­der­skei­de­lik net ne­ge en agt doe­le be­haal.

Die Aus­sies het hul on­der­skep­pings en om­ge­keer­de be­sit be­ter af­ge­rond.

Do­ret­te Ba­den­horst, die SA af­rig­ter, sê haar span kon ná ’n swak twee­de kwart nie te­rug­kom in die wed­stryd nie.

“Jy kan nie wen as jy be­sit ver­loor en jy nie die bal in die net kry nie,” sê sy.

Suid-A­fri­ka se twee­de plek in Groep B be­te­ken hy kry som­mer van­dag al met die Ki­wi’s te doen om ’n plek in die half­eind­ron­de. Ni­euSee­land is die hui­di­ge kam­pi­oen.

Hy het in gis­ter se eer­ste wed­stryd Sri Lan­ka met 125-15 af­ge­slag. Hy het vroe­ër ook ge­mak­lik ge­wen teen Noord-Ier­land (89-22), Sa­moa (85-33) en S­kot­land (78-26).

“Die spe­lers moet ver­ant­woor­de­lik­heid neem. Hul­le moet hou by die wed­stryd­plan. Hul­le het dit nie van­dag (gis­ter) ge­doen nie,” sê Ba­den­horst.

As die jong Pro­te­as teen Nieu-See­land ver­loor, sal hul­le uit­speel vir die vyf­de tot agt­ste po­si­sie. Hul­le het in 2015 in Glas­gow, S­kot­land, vyf­de ge­ëin­dig.

Die se­ni­or Pro­te­as is tans vyf­de op die wê­reld­rang­lys.

Die toer­nooi duur tot Son­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.