Kit­tel maak dit ’n hand­vol se­ges in Tour

Beeld - - Sakenuus - – S­port­re­dak­sie

Duits­land se Mar­cel Kit­tel (Quick-S­tep) het gis­ter in die 11de skof, die laas­te voor­dat die berg­skof­te van van­jaar se Tour de Fran­ce be­gin, sy vyf­de skof­se­ge be­haal.

Hy het die 203,5 km tus­sen Ey­met en Pau in 4:34:27 af­ge­lê.

Die Ne­der­lan­der Dy­lan Groe­ne­we­gen (Lot­toNL) was twee­de, ge­volg deur Noor­weë se Ed­vald Bo­as­son Ha­gen van Suid-A­fri­ka die Suid-A­fri­kaan­se Di­men­si­on Da­ta-span.

Dit was Kit­tel se 14de skof­se­ge van sy loop­baan in die Tour.

Met nog min­stens drie moont­li­ke skof­te wat in na­el­ren­ne kan ein­dig, kan Kit­tel die re­kord van agt skof­se­ges in ’n en­ke­le Tour e­we­naar.

B­rit­tan­je se Chris Froome (Te­am Sky) het die geel­trui be­hou. Hy het gis­ter die 50ste keer daar­in ge­ry. Dit kon nog net deur Ja­c­ques An­quetil (50 keer), Ed­dy Merckx (96), Ber­nard Hi­nault (75) en Mi­guel In­du­rain (60) ver­mag word.

Froome het ’n al­ge­he­le voor­sprong van 18 se­kon­des oor die I­ta­li­a­ner Fa­bio Aru (Asta­na Pro Te­am).

Drie van van­jaar se groot aan­spraak­ma­kers om die Tour te wen was gis­ter in af­son­der­li­ke on­ge­luk­ke be­trok­ke. Ver­le­de jaar se naas­wen­ner, Ro­main Bar­det, al­ge­heel der­de, Ja­kob Fugl­sang (5de) en die twee­ma­li­ge wen­ner Al­ber­to Con­ta­dor (12de) het in drie af­son­der­li­ke voor­val­le ge­val.

Suid-A­fri­ka se Lou­is Mein­tjes (Te­am E­mi­ra­tes) het sy al­ge­he­le 11de plek in gis­ter se skof be­hou toe hy 50ste ge­ëin­dig het.

Van­dag se 12de skof oor 214 km is van Pau na Peyra­gu­des.

Fo­to: REU­TERS

Vat vyf! Mar­cel Kit­tel (QuickS­tep) vier gis­ter sy oor­win­ning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.