Ei­na, pyn!

Ein­de van pad vir An­dy én No­vak

Beeld - - Sport - S­port­re­dak­sie en Reu­ters –

Be­se­rings­pook, jou vuil uil!

Die Wim­ble­don-mans­kom­pe­ti­sie het gis­ter al­bei sy eer­ste ge­keur­des vaar­wel toe­ge­wuif, na­dat An­dy Mur­ray se kna­en­de heup­be­se­ring en die seer skou­er wat No­vak D­jo­ko­vic ge­pla het, ’n ein­de aan hul aan­slae ge­bring het.

Mur­ray, die eer­ste ge­keur­de en ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, het ná sy ne­der­laag met 3-6, 6-4, 6-7(4), 6-1, 6-1 teen die 24ste ge­keur­de Sam Qu­er­rey ge­wei­er om die skuld op sy be­se­ring te plaas, maar dit kan nie ont­ken word nie dat hy sta­di­ger en swak­ker in die laas­te twee stel­le van dié kwart­eind­stryd was nie.

Teen Qu­er­rey, ’n man met ’n ka­non­poot-af­slaan en ’n voor­lief­de vir dra­ma sou e­nig­iets min­der as Mur­ray se bes­te nooit deug nie. Die Yank het D­jo­ko­vic se veld­tog ver­le­de jaar be­ëin­dig, en dus nou vir die twee­de jaar in ’n ry by Wim­ble­don van die eer­ste ge- keur­de ont­slae ge­raak.

Hy is die eer­ste A­me­ri­kaan­se man in agt jaar wat tot die half­eind­ron­de van ’n Grand Slam-toer­nooi deur­dring.

D­jo­ko­vic was op ’n vroeë vlug huis toe weens ’n elm­boog­be­se­ring.

Dié Ser­wi­ër het eer­gis­ter teen die ein­de van sy wed­stryd teen A­dri­an Man­na­ri­no be­han­de­ling ge­kry vir ’n seer skou­er.

Gis­ter het sy reg­ter-elm­boog ge­pla.

Sy teen­stan­der, die T­sjeg To­mas Ber­dych, was met 7-6 (7/2), 2-0 voor toe D­jo­ko­vic be­sluit om die hand­doek in te gooi.

Mur­ray en D­jo­ko­vic se af­we­sig­heid maak die pad nou aan­sien­lik glad­der vir die S­wit­ser­se ma­es­tro Ro­ger Fe­de­rer, wat net twee hek­kies weg is van sy agt­ste Wim­ble­don-ti­tel.

Fe­de­rer het die ne­der­laag wat hy ver­le­de jaar by Wim­ble­don teen Ka­na­da se Mi­los Ra­o­nic ge­ly het, ge­wreek deur die jon­ger man met 6-4, 6-2, 7-6(4) huis toe te stuur. Hul kwart­eind­stryd het min­der as twee ure ge­duur.

Die S­wit­ser mees­ter, wat in sy 100ste wed­stryd by Wim­ble­don ge­speel het, het nog nie ’n stel af­ge­staan in van­jaar se toer­nooi nie. Met Mur­ray, D­jo­ko­vic en Ra­fa­el Na­dal uit­ge­ska­kel, is hy die oor­wel­di­gen­de guns­te­ling.

Fe­de­rer sal in die half­eind­ron­de te staan kom teen Ber­dych (11de ge­keur).

Die vier­de man wat gis­ter sy plek in die half­eind be­spreek het, is Ma­rin Ci­lic. Die Kro­aat het het Gil­les Mul­ler (wat Ra­fa­el Na­dal Maan­dag uit­ge­klop het) met 3-6, 7-6(6), 7-5, 5-7, 6-1 ver­slaan. Dis net die der­de keer wat Ci­lic die half­eind van ’n Grand Slam-toer­nooi haal.

An­dy Mur­ray se ver­de­di­ging van die Wim­ble­don­kroon is deur Sam Qu­er­rey be­ëin­dig. In­las: No­vak D­jo­ko­vic het ná net 63 mi­nu­te van sy kwart­eind­stryd hand­doek in­ge­gooi. Fo­to’s: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.