Mor­ris moet SA se bou­l­aan­val meer woe­ma gee

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Chris Mor­ris kan straks van mô­re af op T­rent B­rid­ge die Pro­te­as se bou­l­aan­val ver­sterk vir die twee­de krie­ket­toets teen En­ge­land.

Die kans lyk goed dat SuidA­fri­ka ’n by­ko­men­de spe­si­a­lis­bou­ler gaan kies vir die krag­me­ting in Not­ting­ham.

Daar word reeds twee nood­ge­dwon­ge ver­an­de­rin­ge aan die span ge­maak wat die eer­ste toets ver­loor het. Die kap­tein, Faf du P­les­sis, sal straks die suk­ke­len­de JP Du­miny se plek neem en die naat­bou­ler Du­an­ne O­li­vier kan vir die ge­skors­te Ka­gi­so Ra­ba­da in­staan.

T­heu­nis de Bruyn kan ná twee toet­se sy plek vir eers ver­loor met die veel­sy­di­ge Mor­ris wat dalk die reg­mer­kie sal kry.

Die Pro­te­as het die eer­ste toets met net vier spe­si­a­lis­bou­lers – Ra­ba­da, Mor­né Mor­kel, Ver­non P­hi­lan­der en Kes­hav Ma­ha­raj – be­gin, maar daar is ’n ge­voel dat dit nie ge­noeg skiet­goed aan die in­staan­kap­tein, De­an El­gar, ge­bied het nie.

En­ge­land se kap­tein, Joe Root, het daar­teen­oor ses bou­lers tot sy be­skik­king ge­had. Hy het dié luuks­heid ge­had dank­sy die feit dat Moeen Ali en Ben S­to­kes vol­waar­di­ge veel­sy­di­ge spe­lers is.

Die Mor­ris-ver­moe­de is ver­sterk deur die feit dat hy gis­ter saam met die glip­veld­wer­kers ge­oe­fen het.

Dit sou nie veel sin maak om hom kort voor die twee­de toets daar te laat slyp as hy nie gaan speel nie.

Sou Mor­ris wel speel, sal dit ook help om ’n an­der kop­seer te ver­lig. Quin­ton de Kock se kolf­ta­lent word ver­mors op nr. 7 in die kolf­lys en die vrees is dat hy nie ge­noeg on­der­steu­ning van die eind­kol­wers kry as hy só laat in­stap nie.

As De Bruyn nie speel nie, sal De Kock op nr. 6 in­kom en Mor­ris op se­we.

De Bruyn, wat goed ge­lyk het in die Pro­te­as se eer­ste kolf­beurt en 48 lo­pies aan­ge­te­ken het, sal hom­self on­ge­luk­kig kan ag.

Hy be­hoort weer kans te kry as die Pro­te­as be­sluit om weer ses spe­si­a­lis­kol­wers te kies.

Die Pro­te­as het van­dees­week hard ge­werk aan hul veld­werk.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Pro­tea­glip­veld­wer­kers oe­fen op T­rent B­rid­ge. Van links is Hashim Am­la, Faf du P­les­sis, De­an El­gar en Chris Mor­ris.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.