Pro­te­as be­spreek hul plek in half­eind

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Vat vyf, Pro­te­as! En vat vyf, Dané van Nie­kerk!

Die Suid-A­fri­kaan­se vrou­e­krie­ket­span het gis­ter hul plek in die half­eind­ron­de van die Wê­reld­be­ker-toer­nooi be­spreek na­dat kap­tein Van Nie­kerk en haar me­de-bou­lers in Taun­ton be­hoor­lik die vloer ge­vee het met Sri Lan­ka.

Van Nie­kerk het die der­de keer in dié toer­nooi vier paal­tjies ge­neem (dié keer was haar sy­fers 4/24) en die blit­si­ge S­habnim Is­mail het laat waai met 3/14. Só het hul­le Sri Lan­ka be­perk tot 101 al­mal uit.

Die 18-ja­ri­ge Lau­ra Wol­vaardt (48*) en Mig­non du P­reez (38*) het Suid-A­fri­ka daar­na met ’n ven­noot­skap van 78 om die der­de paal­tjie tot 104/2 ge­kry, vir ’n oor­win­ning met agt paal­tjies.

Ná dié se­ge – te­sa­me met ne­der­lae vir In­dië en Nieu-See­land – het Suid-A­fri­ka op­ge­skuif tot der­de op die pun­te­lys, met ne­ge pun­te, en kan hul­le nie swak­ker as vier­de ein­dig nie.

In­dië (8 pun­te) en Nieu-See­land (7) pak me­kaar Sa­ter­dag om te be­paal wie van hul­le die vier­de span in die half­eind­ron­de sal wees.

Aus­tra­lië (wat In­dië gis­ter met 8 paal­tjies ge­klop het) en En­ge­land (wat met 75 lo­pies oor die Ki­wi’s baas was) is ook reeds in die uit­klop­ron­de.

Suid-A­fri­ka kom Sa­ter­dag te staan teen Aus­tra­lië – ’n taai teen­stan­der wat die Pro­te­as in 13 pro­beer­slae in een­dag­krie­ket nog nooit kon klop nie.

As hy die bord­jies wil ver­hang, sal die bou­lers nog­maals die sleu­tel­rol moet ver­tolk – maar dit kán hul­le doen.

Drie van die vier voor­ste paal­tjie­vra­te in dié toer­nooi is Pro­te­as, met Van Nie­kerk wat die pas aan­gee met 13 slag­of­fers.

Ma­ri­zan­ne Kapp (10) en S­habnim Is­mail (9) is die an­der twee op die lys.

Van Nie­kerk, wat ook teen die Win­dies en In­dië vier paal­tjies laat kan­tel het, was weer uit­staan­de. Maar die he­le bou­l­aan­val ver­dien lof.

Die twee aan­vangs­bou­lers, Is­mail en Kapp (1/13), het van meet af die druk op Sri Lan­ka ge­laai. Die ei­land­span kon hul­self nie uit dié wurg­greep wik­kel nie en het met re­ël­maat paal­tjies ver­loor.

Dané van Nie­kerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.