P­lis­ko­va maak ge­skie­de­nis as nr. 1

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Die ten­nis­spe­ler Ka­ro­li­na P­lis­ko­va is die 23ste vrou wat bo­aan die wê­reld­rang­lys pryk, maar die eer­ste T­sjeg wat met dié pres­ta­sie kan spog.

P­lis­ko­va het Dins­dag die kruin van die rang­lys be­styg son­der om ’n en­ke­le bal te mo­ker. Hoe­wel sy reeds in die twee­de ron­de uit die Wim­ble­don­toer­nooi ge­ska­kel is, het Si­mo­na Ha­lep se kwart­eind­ne­der­laag in Lon­den mee­ge­bring dat P­lis­ko­va – on­ge­ag wat in die res van die Wim­ble­don­toer­nooi ge­beur – aan die ein­de van die toer­nooi vir An­ge­li­que Ker­ber uit die kus­sings sal lig en met die mees­te rang­lys­pun­te sal spog.

Ha­lep sou met ’n oor­win­ning oor Jo­han­na Kon­ta die wê­reld se voor­ste spe­ler ge­word het, maar het daar­die kans in ’n taai stryd oor drie stel­le deur haar vin­gers laat glip.

Se­dert die wê­reld­rang­lys in 1975 in wer­king ge­stel is, kon geen T­sjeg­gie­se vrou die nom­me­reen­po­si­sie be­klee nie. Mar­ti­na Na­vra­ti­lo­va, wat in die eer­tyd­se T­sjeg­go­Slo­wa­kye ge­bo­re is, het in 1978 nom­mer een ge­word, maar het al die VSA ver­teen­woor­dig.

P­lis­ko­va kon nog nie ’n Grand Slam­ti­tel ver­o­wer nie, maar het van­jaar reeds ti­tels in B­ris­ba­ne, Doha en Eas­t­bour­ne ver­o­wer. Sy het ook ver­le­de maand die half­eind­ron­de van die Fran­se Ope ge­haal. “Hoe­wel ek nie nou ’n oor­win­ning op die baan vier nie, be­te­ken dit ge­wel­dig baie vir my om die wê­reld se nom­mer een te wees,” het sy ge­sê.

P­lis­ko­va

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.