Dit verg kop­hou met al die Con­suls

Beeld - - Briewe - Roe­lie Sny­ders, Kaap­stad Ben­nus, Da­na­baai Wil­lem O­li­vier, Brac­ken­fell Gil­da Re­tief, Wes­kus

Daar was des­tyds twee ti­pes Zep­hyrs be­skik­baar: ’n ge­wo­ne Zep­hyr en dan ’n Zo­di­ac.

Laas­ge­noem­de se rat­hef­boom was op die grond en nie teen die stuur­wiel ge­mon­teer nie. Al­bei mo­tors het ’n ses­si­lin­der­en­jin ge­had.

’n Con­sul het ook daar­die ja­re sy ver­sky­ning ge­maak, maar was ’n vier­si­lin­der-weer­ga­we en klei­ner as die Zep­hyr. Ek is nie se­ker van die jaar­tal nie, maar dit was ge­du­ren­de die laat 1950’s.

Die be­na­ming Con­sul Zep­hyr is nie aan my be­kend nie.

Die Zep­hyr was ’n heer­li­ke ry­ding en som­mer ’n spog­ge­ri­ge mo­tor vir daar­die ja­re. Met ver­wy­sing na die brief van Ni­co Gun­ter (06.07):

Die op­skrif van die brief sê die mo­del is ’n Zep­hyr. Dit sit mens op ’n dwaal­spoor.

Ek glo dis eer­der ’n Ford Con­sul Mk 11 (1956 tot 1962). Dit was ’n vier­si­lin­der-1.7-li­ter.

Die fo­to aan die reg­ter­kant is ge­neem toe dit oor­spronk­lik was (nuut). Die fo­to links is ge­neem na ge­rin­ge “kos­me­tie­se chi­rur­gie”. Dus be­hoort CY 417 aan die­self­de mo­tor! Die Zep­hyr en die Con­sul was twee ver­skil­len­de mo­tors.

Die Zep­hyr was ’n ses­si­lin­der en die Con­sul ’n vier­si­lin­der.

My oor­le­de pa was die eie- naar van ’n 1957-Con­sul en so­ver my ken­nis strek, was dit ’n vier­si­lin­der (1 500 cc).

Die mo­tor was twee ver­skil­len­de kleu­re groen ge­spuit­verf.

Daar was ook van my fa­mi­lie­le­de wat met ver­skil­len­de Zep­hyrs ge­ry het, daar­om weet ek dit was ses­si­lin­der-mo­tors.

Wat die son­skerm en kop­lig­te be­tref, het jy by­kom­stig­he­de ge­kry (soos die son­skerm en chroom­pla­te) wat jy aan die bo­kant van die lig­te kon aan­bring.

Die mo­tor met die “ho­rings” op die buf­fer moet ’n Zep­hyr wees, want die Zep­hyr het dit ge­had en nie die Con­sul nie.

Die ei­e­naar moes dus óf die “ho­rings” op die Con­sul aan­ge­bring het óf ná die Con­sul ’n Zep­hyr ge­koop het en bloot die­self­de re­gis­tra­sie­nom­mer be­hou het.

Ter­loops, daar was ook ’n Zo- di­ac, wat luuk­ser as die Zep­hyr was. Ni­co Gun­ter se sto­rie oor die twee Con­suls het my ver laat te­rug­dink. On­ge­veer in 1953 was ek op Wol­se­ley in die skool en het ek ’n juf­frou S­mit as klas­on­der­wy­ser ge­had.

Die Bur­ger het ’n blok­raai­sel­kom­pe­ti­sie ge­had waar­mee jy ’n Ford Con­sul kon wen. Juf­frou S­mit het in­ge­skryf en die kom­pe­ti­sie ge­wen en so ook die mo­tor. Sy kon nie be­stuur nie en is deur die dorp se dok­ter ge­leer en ge­help om ’n ry­be­wys te be­kom.

Die mo­tor was lig­blou soos die mees­te van die Con­suls. Juf­frou S­mit het oor­spronk­lik van Por­ter­vil­le ge­kom. Die skool is in 1969 heel­te­mal deur die aard­be­wing ver­woes en die ge­bou be­staan nie meer nie.

Die twee Ford Con­suls met die i­den­tie­se nom­mer­plaat het die le­sers aan die raai ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.