Wat is ’n ‘ma­ti­ge hi­bried’?

Beeld - - Tegnologie -

Die jong­ste gons­woord in die mo­tor­wê­reld gaan vo­ren­toe nog heel­wat ge­hoor word. Maar in we­se is dit nie ’n on­be­ken­de stuk­kie teg­no­lo­gie wat die ver­vaar­di­gers aan ons op­dis nie.

Hoe­wel Vol­vo pas aan­ge­kon­dig het dat hy van 2019 dié soort stel­sels wyd in sy mo­tors gaan be­nut, is Mer­ce­des wat dit eer­ste in sy op­ge­knap­te S­klas im­ple­men­teer.

In Mer­ce­des se ge­val word ’n al­ter­na­tor ge­plaas tus­sen die en­jin en rat­kas, wat van krag voor­sien word deur ’n 48 Volt­bat­te­ry wat die tra­di­si­o­ne­le 12 V­een­heid sal ver­vang.

Dus, daar is geen li­ti­um­i­oon­bat­te­ry in die voer­tuig soos wat hui­di­ge hi­brie­de­mo­tors tans het nie. Die ver­vaar­di­gers om­seil so­doen­de die stren­ger (en duur­der) vei­lig­heids­maat­re­ëls wat op hier­die bat­te­rye van toe­pas­sing is.

Die al­ter­na­tor is nie sterk ge­noeg om die mo­tor op sy eie te laat ry nie – nog ’n ver­skil van hi­brie­de, waar jy in sui­wer e­lek­trie­se mo­dus vir kor­te en­te kan ry.

Die al­ter­na­tor kan wel die en­jin flink aan die gang kry, en dit is sy hoof­doel. Die ge­ dag­te is dat wan­neer jy in spits­ver­keer kort­kort moet stil­hou en ry, die al­ter­na­tor son­der pe­trol­krag die en­jin el­ke keer aan die gang kan kry.

Jy spaar dus pe­trol en blaas nie vuil lug uit nie.

Die twee­de nut van die al­ter­na­tor is om, wan­neer jy op ’n ge­lyk­pad ma­tig ry, die mo­tor sy mo­men­tum te help be­hou. Ti­pies sal die blik­brein die helf­te van die si­lin­ders dan kan af­sluit so­dat jou V6, by­voor­beeld, met net drie si­lin­ders ry en jy ver­der brand­stof be­spaar.

Vol­gens Mer­ce­des is die kom­bi­na­sie van ’n al­ter­na­tor en 48 V­bat­te­ry baie duur­saam. Die en­jin kan dus mak­lik af­ge­ska­kel word by s­top­ry­ver­keer, wan­neer jy ma­tig ry of wan­neer jy jou voet lig soos jy ’n rooi ver­keers­lig na­der, son­der om die stel­sel uit te put of te be­ska­dig.

On­danks Vol­vo se groot­se aan­kon­di­ging dat hy “nie meer bin­ne­brand­en­jins gaan bou nie”, blyk dié ma­ti­ge hi­bri­die­de­stel­sel niks meer as ’n sag­te hulp­mid­del vir die pe­trol­ of die­sel­en­jin te wees nie. Wat skaars ’n wins van 10% tot 15% per­sent op jou pe­trol­ver­bruik sal bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.