’n Knyp­tang van stren­ger wet­ge­wing en ste­de wat die­sels wil ver­ban, dwing ver­vaar­di­gers om op­los­sings te vind. kyk na die jong­ste rel­le­tjie aan die mo­tor­front.

Mar­nus Hat­tingh

Beeld - - Tegnologie - Vol­vo BMW, Volks­wa­gen

Die groot kop­krap by Eu­ro­pe­se mo­tor­ver­vaar­di­gers stoom steeds voort met Vol­vo, BMW en Volks­wa­gen wat pas elk­een sy eie roe­te be­kend ge­maak het vir die ge­ë­lek­tri­fi­seer­de pad vo­ren­toe.

het ver­le­de week die mark ge­skud met die ont­hul­ling dat hy “van 2019 af geen mo­tor meer gaan ver­koop wat ’n bin­ne­brand­en­jin het nie”.

Dit is die ein­de van die bin­ne­brand­en­jin, het die ver­vaar­di­ger glo ge­sê, en die be­gin van die groep se uit­fa­se­ring van dié staat­ma­ker van die mo­tor­be­dryf die af­ge­lo­pe eeu – die bin­ne­brand­en­jin – in sy por­te­feul­je.

Met ’n twee­de kyk blyk dit eg­ter die me­dia het, in som­mi­ge krin­ge, te vin­nig ’n paar kol­le­tjies ver­bind.

Wat die S­we­de wel be­doel het, was dat hul­le steeds sou voort­gaan met pe­trol- en die­sel­en­jins in hul voer­tuie, maar dat elk­een bloot met ten min­ste ’n klein e­lek­trie­se mo­tor toe­ge­voeg sal wees. Dit sluit aan by vo­le­lek­trie­se en hi­bri­die­se mo­del­le, soos ons al meer voor­beel­de van sien.

op sy beurt, het pas be­sluit om sy i-han­dels­merk, wat hy en­ke­le ja­re ge­le­de nog ge­re­gis­treer het om sy e­lek­trie­se mo­tors mee te be­mark, nou eer­der vir self­ry­mo­tors wil be­nut.

Dus, pleks van e­lek­trie­se mo­tors (soos die i3 en i8, wat die groep ge­suk­kel het om te ver­koop), wil hy eer­der ’n hi­bri­die­se weer­ga­we langs die ge­wo­ne pe­trol- en die­sel­mo­tors in el­ke reeks plaas.

En dan is daar wat pas be­kend ge­maak het dat hy voort­gaan om sy vol­gen­de twee­li­ter-tur­bo­die­sel te ont­wik­kel so­dat dié steeds aan die stren­ger Eu­ro­pe­se wet­ge­wing vir e­mis­sies kan vol­doen. Dié mo­del­le sal eg­ter voort­aan aan­ge­vul word met “lig­te hi­bri­die­se” weer­ga­wes in el­ke reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.