Bot­tas wys sy ver­nuf ag­ter stuur

Beeld - - Formule Een - Bot­tas se weg­spring Die ge­skie­de­nis kom weer

VC­har­len Ray­mond c­har­len­ray@gmail.com alt­te­ri Bot­tas van Mer­ce­des het Son­dag sy twee­de se­ge van die sei­soen en van sy loop­baan be­klink toe hy in Oos­ten­ryk eer­ste oor die wen­streep ge­jaag het.

Die Fin­se ja­er het fan­tas­ties ge­ry en ook aan die ein­de van die ren, nes in Rus­land, er­ge druk van Fer­ra­ri se Se­bas­ti­an Vet­tel weer­staan om die se­ge sy­ne te maak.

Le­wis Ha­mil­ton, Bot­tas se span­maat en Vet­tel se groot teen­stan­der om die 2017-ti­tel, het in die vier­de plek oor die wen­streep ge­jaag na­dat hy in die agt­ste po­si­sie moes be­gin weens ’n nu­we rat­kas wat in sy mo­tor ge­pas moes word.

Da­niel Ric­ci­ar­do van Red Bull het der­de ge­ëin­dig en Vet­tel se span­maat, Ki­mi R­äik­k­ö­nen, in die vyf­de plek. Toe die rooi lig­te ver­doof om die be­gin van die ren aan te dui, was dit Bot­tas wat die per­fek­te weg­spring ge­had het. So per­fek was dit dat hy on­der ver­den­king ge­kom het dat hy moont­lik te vroeg weg­ge­spring het.

Maar Bot­tas se weg­spring was bloot blits­vin­nig so­dat hy da­de­lik die voor­tou kon neem en hier­na stel­sel­ma­tig sy voor­sprong oor Vet­tel met el­ke rond­te kon ver­groot.

So sterk was Bot­tas se pas dat hy reeds met die eer­ste, en e­nig­ste, be­soek aan die kui­pe ’n ga­ping van se­we se­kon­des oor Vet­tel ge­had het.

Bot­tas se ren was eg­ter ook ’n sto­rie van twee helf­tes. In die eer­ste was hy on­be­reik­baar, maar in die twee­de, met die nu­we ban­de, het sy ver­rig­ting be­gin daal. En dit het vir Vet­tel in staat ge­stel om hom te vang.

Die stryd om die se­ge tus­sen die twee ja­ers was ’n span­nings­vol­le op­bou wat ’n mens op die punt van jou sit­plek ge­had het.

On­ge­luk­kig, met twee rond­tes oor, het die twee­tal vir Ser­gio Pé­rez van For­ce In­dia in­ge­haal, wat op sy beurt sy tyd ge­vat het om uit die pad te be­weeg.

Dit het ’n ef­fen­se uit­wer­king op Vet­tel se aan­slag ge­had, maar Bot­tas het ein­de­lik ge­noeg ge­doen om die se­ge sy­ne te maak. Dit is al wat die res van die veld Son­dag van Valt­te­ri Bot­tas se Mer­ce­des ge­sien het. Die Fin­se ja­er het ’n sterk aan­slag van Fer­ra­ri se Se­bas­ti­an Vet­tel aan die ein­de van die Oos­ten­ryk­se ren af­ge­weer om sy twee­de F1­se­ge te be­klink.

Hy het ’n ska­me­le 0.6 se­kon­des voor Vet­tel oor die eind­streep ge­jaag. Die Sil­wer Py­le het al­tyd ge­sê dat hul­le al­bei hul ja­ers ’n ge­ly­ke kans om die ti­tel sal gee en dat hul­le nie een ja­er bo die an­der sal kies nie – slegs wan­neer een om die ti­tel mee­ding. Bot­tas is nou deel van daar­die me­de­din­ging.

Ja, Ha­mil­ton is die se­ni­or span­lid en be­hoort die voor­deel van die twy­fel te kry.

Maar die hui­di­ge si­tu­a­sie her­in­ner sterk aan ’n de­ka­de ge­le­de toe Ha­mil­ton by M­cLa­ren aan­ge­sluit het as Fer­nan­do Alon­so se span­maat.

Alon­so het ge­dink dat hy voor­keur moes kry, maar Ha­mil­ton het ge­wys dat hy nie som­mer te­rug sal staan nie.

Dit is pre­sies wat Bot­tas nou ook doen.

In 2007 kon óf Alon­so óf Ha­mil­ton die ti­tel ge­wen het, maar M­cLa­ren se hui­we­ring om hul ge­wig ag­ter óf die twee­ma­li­ge kam­pi­oen Alon­so óf die nu­we sen­sa­sie Ha­mil­ton te gooi, het ba­sies die ti­tel aan R­äik­k­ö­nen be­sorg.

As Mer­ce­des nie in sy pas­op­pens gaan wees nie, kan die ge­skie­de­nis hom­self her­haal. Dis net dat hier­die keer, vir Ha­mil­ton, is die skoen aan die an­der voet en mag hy dalk nóú ver­staan hoe­kom Alon­so daar­die tyd so on­ge­luk­kig ge­raak het.

By Fer­ra­ri speel R­äik­k­ö­nen be­slis twee­de vi­ool teen­oor Vet­tel, maar by Mer­ce­des is dit ’n perd van ’n an­der kleur.

Baie het ge­dink dat Ha­mil­ton die vloer met Bot­tas sou vee, maar dit is nie die ge­val nie.

In die ti­tel­stryd loop Vet­tel voor met 171 pun­te, ge­volg deur Ha­mil­ton op 151.

Maar Bot­tas, met hier­die se­ge, het hom­self weer in die prent­jie ge­plaas.

Op 136 is hy slegs 15 pun­te ag­ter sy span­maat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.