Taai stryd lê voor in Har­ri­smith 400

Beeld - - Formule Een - Mo­tor­re­dak­sie

E­ni­ge nu­we roe­te of by­een­koms lok al­tyd gro­ter be­lang­stel­ling in e­ni­ge ren­for­mu­le, en die Har­ri­smith 400veld­ren oor twee na­we­ke, die vier­de ron­de van die na­si­o­na­le veld­ren­reeks, is geen uit­son­de­ring nie.

Dié nu­we by­een­koms op die ka­len­der word by die Ee­ram-boer­de­ry­kom­pleks aan die bui­te­wy­ke van dié be­dry­wi­ge land­bou­ge­bied by Har­ri­smith in die Oos-Vry­staat aan­ge­bied en is die be­gin van die twee­de helf­te van die sei­soen vir die mo­tor- en mo­tor­fiets­deel­ne­mers.

Die om­ge­wing be­staan uit ti­pie­se Ho­ë­veld-ter­rein met vin­ni­ge, vloei­en­de en uit­da­gen­de sandspoor­paaie, ter­wyl ’n he­le paar t­wee­stry­de din­ge net nog in­te­res­san­ter gaan maak.

“Ons het on­ge­loof­li­ke steun van die plaas­li­ke ge­meen­skap so­wel as die sa­ke­man en oud­veld­ren­deel­ne­mer Ko­bus van Ton­der ge­had,” het A­dri Roets, die roe­te­hoof, ge­sê.

“Ko­bus was ’n groot steun­pi­laar in die be­plan­ning van die ren, en die roe­te bied deel­ne­mers iets heel­te­mal an­ders.

“Ons ver­wag dat die om­ge­wing soos al­tyd hier­die tyd van die jaar baie droog en stow­we­rig gaan wees, maar die roe­te het ’n paar ver­ras­sings wat die deel­ne­mers en hul ma­sji­ne­rie tot die ui­ter­ste sal be­proef.”

Die mo­tor­fiets­deel­ne­mers spring op Vry­dag 28 Ju­lie vroeg in die kwa­li­fi­se­ren­de ron­de weg.

Hul­le moet van 07:00 af ’n roe­te oor 20 km af­lê om die weg­spring­po­si­sies te be­paal. Die mo­tor­deel­ne­mers be­gin om 14:00 en moet ’n voor­ren oor 48 km af­lê.

Die mo­tor­fiets­deel­ne­mers (twee- en vier­wiel­fiet­se) volg die Sa­ter­dag drie rond­tes van 120 km elk, ter­wyl die mo­tor­deel­ne­mers (pro­duk­sie- en buis­raam­mo­tors) ’n kom­pak­te roe­te van 200 km twee keer moet af­lê.

Die hoofren be­gin op Sa­ter­dag 29 Ju­lie om 08:00.

Die mo­tor­fiets­ja­ers kry ’n tien­mi­nu­te­rus­kans aan die ein­de van die eer­ste rond­te, ter­wyl die mo­tor­deel­ne­mers ’n blaas­kans van 20 mi­nu­te ná hul eer­ste 200 km sal ge­niet.

Die ren­hoof­kwar­tier, weg­spring/ eind­punt en die aan­ge­we­se diens­punt sal by die Ee­ram-boer­de­ry­kom­pleks wees met gra­tis toe­gang vir toe­skou­ers.

Die ver­skil­len­de roe­tes vir die mo­tor­fiet­se en mo­tors bied tal­le uit­kyk­pun­te, waar toe­gang ook gra­tis is.

Die plaas­li­ke Vrou­e­land­bou-u­nie en boe­re van die om­ge­wing sorg vir ho­pe eet- en drink­goed reg­deur die na­week.

Toe­skou­ers kan uit­sien na ’n op­win­den­de na­week net 300 km van Jo­han­nes­burg, P­re­to­ria en Bloem­fon­tein af.

Veld­ren­aan­han­gers wat hul guns­te­lin­ge van on­der meer Toyo­ta en Ford in die af­de­ling vir pro­duk­sie­mo­tors volg, kan ook hul span­ne op die sel­foon­app Ral­lySa­fe volg, wat gra­tis be­skik­baar is. On­der die mo­tors is ’n ver­skei­den­heid Da­kar-voer­tuie wat in Ja­nu­a­rie 2018 in Suid-A­me­ri­ka aan dié i­ko­nie­se ren gaan deel­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.