Nóg JZ­teen­kan­ting

Sek­su­e­le teis­te­ring be­weer Om­koop­geld­be­rig­te be­kyk

Beeld - - Front Page -

Die druk wat adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa Woens­dag op die SAKP-kon­gres teen sy baas en dié se Gup­ta-vrien­de be­gin ver­groot het, het gis­ter ver­der van bin­ne en bui­te die ANC-al­li­an­sie toe­ge­neem.

Die ANC-ve­te­raan Vy­tjie Men­tor het gis­ter by die be­kend­stel­ling van haar boek, No Ho­ly Cows, by die Kaap­se Pers­klub be­weer dat p­res. Ja­cob Zu­ma twee keer by haar aan­ge­lê het, maar dat sy die aan­slae van sek­su­e­le teis­te­ring af­ge­weer het. Zu­ma het teen druk­tyd nog nie daar­op ge­re­a­geer nie.

Men­tor het ook ge­sê as dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma in De­sem­ber die lei­er­stryd in die ANC wen, sal die ANC se ein­de “gou­er as on­der Ra­map­ho­sa kom”.

Ra­map­ho­sa se “die huis is aan die brand”-toe­spraak Woens­dag het gis­ter ook ver­de­re stu­krag ge­kry met ’n soort­ge­ly­ke voor­spel­ling as dié van Men­tor deur Je­re­my Cro­nin, pas uit­ge­tre­de ad­junk­hoof­se­kre­ta­ris van die SAKP, dat die ANC in De­sem­ber moont­lik kan skeur as die “ram­pok­ker-pre­mier­liga” by die ANC se lei­ers­ver­kie­sing se­ë­vier.

Die “pre­mier­liga” is ’n term wat ge­bruik word om te ver­wys na die pre­miers Ace Ma­gas­hu­le (Vry­staat), Da­vid Ma­bu­za (M­pu­ma­lan­ga), Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo (Noord­wes) en Wil­lies M­chu­nu (K­waZu­lu-Na­tal). Hul­le is stoe­re on­der­steu­ners van Zu­ma en Dla­mi­ni-Zu­ma.

Ook al die op­po­si­sie­par­ty in die par­le­ment (die DA, ACDP‚ APC‚ Co­pe‚ EFF, IVP en die UDM) het hul­le gis­ter in ’n ge­sa­ment­li­ke ver­kla­ring oor staat­skaping uit­ge­laat en ’n be­roep op Zu­ma ge­doen om te wys dat hy woord hou en sy on­der­ne­ming aan die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) ge­stand doen dat hy op die punt staan om ’n kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping aan te kon­dig.

“Hy moet da­de­lik sy her­sie­nings­hof­aan­soek te­rug­trek teen die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) se staat­skapings­ver­slag en die kom­mis­sie aan­kon­dig wat die OB as reg­stel­len­de op­tre­de ver­eis het.”

Die par­tye het ook op­nuut ge­vra dat Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die NV, vol­gen­de maand ’n ge­hei­me stem­ming in die mo­sie van wan­troue in Zu­ma toe­laat en dring ook daar­op aan dat M­be­te, ’n groot Zu­ma-on­der­steu­ner, nie in die de­bat as voor­sit­ter op­tree nie. Sy het im­mers reeds as ANC-voor­sit­ter ANC­par­le­ments­le­de aan­ge­sê om vir hul pre­si­dent te stem.

Voorts het die Duit­se re­ke- naar­sag­te­wa­re­maat­skap­py SAP vier van sy se­ni­or be­stuur­ders in Suid-A­fri­ka op ver­plig­te ver­lof ge­plaas.

SAP het ook be­gin met ’n on­der­soek na be­rig­te dat die maat­skap­py om­koop­geld aan die Gup­ta-fa­mi­lie aan­ge­bied het, iets wat in die so­ge­naam­de #Gup­taLe­aks-e-pos aan die lig ge­kom het.

Be­lof­tes van “ver­koop­s­kom­mis­sie” aan die Gup­tas het glo help ver­se­ker dat SAP ’n kon­trak ter waar­de van R1 mil­jard met Trans­net en an­der staats­be­heer­de on­der­ne­mings be­kom.

Ook die Gup­tas se beeld­poet­sers, Bell Pot­tin­ger, het weer goed deur­ge­loop en die druk op die fir­ma het nou al so ver­er­ger dat sy uit­voe­ren­de hoof en voor­ma­li­ge voor­sit­ter in die o­pen­baar kop­pe stamp oor die ver­sko­ning wat ver­le­de week aan­ge­bied is oor die Oak­bay In­ves­t­ments-re­ke­ning.

Pra­vin Gord­han, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, het Bell Pot­tin­ger se on­lang­se ver­sko­ning vol­gens Ti­mesLIVE ’n “pa­te­tie­se toe­smeer­de­ry” en ’n “be­le­di­ging” vir Suid-A­fri­ka­ners ge­noem.

Hy wil on­der meer hê die ska­kel­fir­ma moet ’n vol­le bloot­leg­ging doen.

Die DA het Bell Pot­tin­ger gis­ter tot die ein­de van die dag tyd ge­gee om te re­a­geer op ’n klag wat die par­ty by die ver­e­ni­ging vir o­pen­ba­re be­trek­kin­ge en kom­mu­ni­ka­sie (PRCA) teen die fir­ma aan­han­gig ge­maak het om­dat hy na be­we­ring dié se ge­drags­ko­de waar­toe hy ver­bind is, oor­tree het.

“Die PRCA het in­ge­stem tot die DA se ver­soek vir ’n on­der­soek na Bell Pot­tin­ger na­dat #Gup­taLe­aks aan die lig ge­bring het dat die fir­ma ’n ras­ge­laai­de pro­pa­gan­da­veld­tog tot voor­deel van sy kli­ën­te ge­lei het,” het P­hum­zi­le van Dam­me, DA­woord­voer­der, gis­ter ge­sê.

Die DA dreig met ’n be­to­ging deur Suid-A­fri­ka­ners voor Bell Pot­tin­ger se kan­to­re in Lon­den as die fir­ma nie ’n “vol­le bloot­leg­ging” van die fei­te doen nie. )

Hy moet da­de­lik sy her­sie­nings­hof­aan­soek te­rug­trek. — PO­LI­TIE­KE PAR­TYE Bell Pot­tin­ger moet ’n vol­le­di­ge bloot­leg­ging doen. — PRA­VIN GORD­HAN

Pra­vin Gord­han

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.