Vy­tjie oor Zu­ma:

‘Hy sit sy han­de tus­sen my dye’

Beeld - - Front Page - P­hil­da Es­sop

P­res. Ja­cob Zu­ma het “twee keer by haar pro­beer”, maar sy het sy aan­slae van sek­su­e­le teis­te­ring af­ge­weer, het Vy­tjie Men­tor gis­ter ge­sê.

Hy het wel voort­ge­gaan om “jag te maak” op an­der vroue. Daar­om praat sy nou uit in die hoop dat dit an­der vroue sal aan­moe­dig om die­self­de te doen.

Men­tor, ANC-ve­te­raan, het gis­ter by die Kaap­se Pers­klub ver­dui­de­lik waar­om sy sek­su­e­le teis­te­ring deur Zu­ma, ja­re ge­le­de toe hy nog ad­junk­pre­si­dent was, in haar self­ge­pu­bli­seer­de boek, No Ho­ly Cows, ont­hul.

Men­tor het on­der groot me­di­a­be­lang­stel­ling ver­tel van die twee ge­leent­he­de waar­op Zu­ma by haar aan­ge­lê het.

Die eer­ste keer was 25 jaar ge­le­de op ’n ANC-kon­fe­ren­sie in We­st­vil­le, Dur­ban. “Dit was om­streeks mid­dag­e­te. Zu­ma was op die ag­ter­sit­plek van sy mo­tor en het die ven­ster af­ge­draai. Ek was op pad na my ba­ba. Hy het ge­sê hy wil my graag na sy ho­tel­ka­mer nooi en wou weet waar ek woon en dat hy sal re­ël dat ie­mand my kom op­laai.

“Ek het aan hom ge­sê ek het ’n ba­ba van drie maan­de, maar hy het ge­sê ek moe­nie be­kom­merd wees nie, hy sal re­ë­lings tref daar­voor.”

Die vol­gen­de ge­leent­heid was in 2005 toe sy in haar hoe­da­nig­heid as ANC-kou­kus­voor­sit­ter oor se­ke­re tran­sak­sies met Zu­ma in sy kan­toor ver­ga­der het.

“Daar was twee lyf­wag­te, een was bui­te die deur en die an­der was in die kan­toor. Hy het ge­vra dat ook dié lyf­wag gaan om­dat hy nie ge­dink het dat hy in ge­vaar is om­dat ek daar is nie.

“Ek het ge­dink dat ons by die raads­ta­fel sou ver­ga­der, maar Zu­ma het voor­ge­stel dat ons op die twee rus­ban­ke sit. Ek het my do­ku­men­te op die kof­fie­ta­fel voor my neer­ge­sit. Hy het toe ge­skuif en langs my kom sit. Ek het el­ke keer weg­be­weeg, maar hy het el­ke keer na my kant be­weeg. Ek het my hand­sak tus­sen ons twee ge­plaas.

“Hy het sy hand tus­sen my dye ge­druk. As dit nie vas­be­slo­ten­heid is nie, weet ek nie wat vas­be­slo­ten­heid is nie. Dit was toe dat ek my hand­sak gryp, hom daar­mee slaan en sy kan­toor ver­laat,” sê sy.

Men­tor sê sy praat uit om­dat sy an­der wil aan­moe­dig om die­self­de te doen. Sy glo nie dat sy die e­nig­ste slag­of­fer van mis­han­de­ling is nie.

“Ek dink die ANC het te min ge­doen om sek­su­e­le teis­te­ring in sy eie ge­le­de­re of in die land in sy spo­re te stuit,” sê sy.

Oor vrae oor waar­om sy nou eers na vo­re kom, sê Men­tor: “El­ke ding in die boek is vroe­ër op die een of an­der ma­nier by ’n se­ni­or ANC-lid aan­ge­meld. Ek dink die tyd vir my boek is nou, ver­al wan­neer ons e­ko­no­mie bloei, die staat ge­kaap is op die wy­se waar­op dit is en ter­wyl daar ’n toe­na­me in die mis­han­de­ling van vroue is.”

Het sy vroe­ër uit­ge­praat, sou “’n K­we­zi dalk nie ge­beur het nie”, sê sy.

Fe­ze­ki­le Nt­su­ke­la Ku­z­wa­yo, wat as “K­we­zi” be­kend ge­staan het, is die vrou wat in 2005 be­weer het dat Zu­ma haar ver­krag het. Hy is ’n jaar la­ter on­skul­dig be­vind.

Bon­ga­ni N­q­gu­lun­ga, Zu­ma se woord­voer­der, het on­danks die feit dat die uit­trek­sel van die boek waar­in Men­tor die be­we­rings van sek­su­e­le teis­te­ring maak al gis­ter­og­gend op sy ver­soek per W­hat­sApp aan hom ge­stuur is, nie op me­di­a­na­vrae ge­re­a­geer nie.

Fo­to: GALLO

Vy­tjie Men­tor, ge­we­se ANC­LP.

Fo­to: CONRAD BORNMAN

Vy­tjie Men­tor by haar hond, Pra­da. Men­tor sê Suid­A­fri­ka­ners moet meer be­sorg wees oor die land as oor die ANC “wat ons in die ge­mors laat be­land het”. Men­tor het gis­ter haar boek No Ho­ly Cows by die Kaap­se Pers­klub be­kend ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.