‘Ga­me of Thro­nes’ te­rug op die kas­sie

Beeld - - Front Page - Car­ryn­Ann Nel

Die re­de vir die kou­e­fron­te wat die na­week in die noor­de en die sui­de van die land ge­voel gaan word, kan net aan een ding toe­ge­skryf word: Reeks se­we van die im­mer­ge­wil­de Ga­me of Thro­nes be­gin.

Ho­me Box Of­fi­ce (HBO), die ver­vaar­di­ger van Ga­me of Thro­nes, het vroe­ër ’n prik­ke­len­de lok­prent van die nu­we reeks uit­ge­reik wat een ding baie dui­de­lik stel: Die moe­der van al­le oor­loë het uit­ein­de­lik vir die Moe­der van Dra­ke aan­ge­breek.

Die reeks het dié keer net se­we e­pi­so­des (die an­der reek­se het elk tien ge­had) en die laas­te e­pi­so­de be­loof om ’n fliek­leng­te- fi­naal te wees.

Ge­or­ge R.R. Martin, skry­wer van die ge­wil­de boek­reeks, het nog nie die boek van hier­die (en die vo­ri­ge) reeks ge­pu­bli­seer nie, so die reeks be­staan uit in­lig­ting wat Martin tot dus­ver net aan die ver­vaar­di­gers ge­o­pen­baar het.

’n Paar van die ster­re van die reeks het Woens­dag uit We­ste­r­os, Meer­een en Braavos ge­glip en die se­wen­de reeks se pre­mi­è­re in Los An­ge­les by­ge­woon.

M-Net het be­ves­tig dat die eer­ste e­pi­so­de van die jong­ste reeks van Ga­me of Thro­nes, ge­ti­teld “Dra­gonsto­ne”, 03:00 op 17 Ju­lie op M-Net (DSt­v­ka­naal 101) ver­toon sal word en dan 21:30 in spits­kyk­tyd her­haal sal word.

Fo­to: REU­TERS

Pe­ter Din­kla­ge, wat Ty­ri­on Lan­nis­ter ver­tolk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.