C­har­li­ze se nu­we fliek vol ak­sie

Beeld - - Front Page - Na­di­ne T­heron

C­har­li­ze T­heron is mal daar­oor dat haar nu­we gatskop­fliek, A­to­mic Blon­de, ’n seks­to­neel tus­sen twee vroue be­vat.

T­heron ver­tolk die rol van die bi­sek­su­e­le spi­oen Lor­rai­ne Broug­h­ton in die ak­sie­ril­ler.

Die Os­car-be­kroon­de ak­tri­se ver­skyn van­dees­maand op die voor­blad van Va­rie­ty en praat daar­in oor die fliek, wat deur die web­werf S­creen­crush as “die eer­ste vroue-James Bond” be­stem­pel word.

“Ek was mal daar­oor,” het sy oor die seks­to­neel aan Va­rie­ty ge­sê. “Om so baie re­des: My frus­tra­sie met hoe dié ge­meen­skap in flieks ge­wys word – of nie. En dit het ook per­fek sin ge­maak. Dit het net by die ka­rak­ter ge­pas.

“Ek het ge­voel dis ’n ma­nier om deur dié ver­hou­ding, en die feit dat dit ’n self­de­ge­slag­ver­hou­ding is, te wys dat ’n vrou nie hóéf ver­lief te raak nie – dis mos een van daai af­ge­saag­de vroue-te­mas. ‘Dis ’n vrou; sy be­ter ver­lief raak – want in­dien nie, is sy ’n hoer!’ ”

T­heron het twee tan­de ge­kraak ter­wyl sy ge­oe­fen het vir die ge­vegs­to­ne­le – wat sy meest­al self uit­ge­voer het. Vol­gens Va­rie­ty het sy ook ’n knie en rib­be be­seer.

U­ni­ver­sal Pic­tu­res het Maan­dag ’n ag­ter-die-skerms-ky­kie ge­gee van hoe sy haar moes voor­be­rei om groot mans oor haar skou­ers te gooi. “Dit was reg­tig in­tens,” sê T­heron in die vi­de­oon­der­houd. “Die ge­vegs­toer­tjie­ou­ens moes so­veel houe vat dat ek baie al­ko­hol moes koop so­dat hul­le my kan ver­ge­we.”

Vol­gens Va­rie­ty is A­to­mic Blon­de vir T­heron ’n pas­sie­pro­jek en het sy vyf jaar daar­aan ge­werk om die ma­te­ri­aal te ont­wik­kel na­dat sy ’n voor­stel ge­lees het wat op die gra­fie­se ro­man The Col­dest Ci­ty ge­grond is.

“Ek is skaam daar­oor dat ek deel is van ’n be­dryf waar ’n vrou nog nooit met ’n be­gro­ting gro­ter as dié van Won­der Wo­man kon werk nie,” het sy aan Va­rie­ty ge­sê. “Dis so grot­man­ag­tig.” Haar ka­rak­ter, ’n B­rit­se ge­hei­me a­gent vir MI6 (James Bond se werk­ge­wer), word aan die voor­aand van die val van die Ber­lyn­se Muur in 1989 na dié stad ge­stuur om ’n waar­de­vol­le dos­sier in die cha­os te kry.

Sy werk saam met die Ber­lyn­se hoof, Da­vid Per­ci­val, wat deur James M­cA­voy ver­tolk word. So­fia Bou­tel­la ver­tolk die rol van haar min­na­res.

“Selfs toe sy siek was, het sy ’n klein mi­ni­rom­pie ge­dra en gat ge­skop,” sê M­cA­voy.

T­heron het griep op­ge­doen in die 50 dae wat die span in die Oos-Eu­ro­pe­se win­ter ver­film het.

“Ek moes as ’n kind in SuidA­fri­ka baie taai wees,” het sy aan Va­rie­ty ge­sê. ) A­to­mic Blon­de word op 25 Au­gus­tus in Suid-A­fri­ka uit­ge­reik. Die re­gis­seur is Da­vid Leitch en die draai­boek is deur Kurt John­stad van 300- faam ge­skryf.

C­har­li­ze T­heron in ’n sto­men­de to­neel in A­to­mic Blon­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.