Wie speel dalk teen wie?

Beeld - - Front Page - Kan die Leeus hul pad tot bo­aan die Su­per­rug­by­pun­te­lys stoom­rol­ler? bl. 21 – S­port­re­dak­sie

Agt Su­per­rug­by-span­ne (Cru­sa­ders, Hur­ri­ca­nes, C­hiefs, High­lan­ders, Leeus, Haaie, S­tor­mers en Brum­bies) is reeds se­ker van hul plek in vol­gen­de week se kwart­eind­ron­de.

Die vraag is eg­ter wie teen wie gaan speel in die eer­ste uit­klop­wed­stry­de. Dit sal waar­skyn­lik eers fi­naal be­ant­woord word wan­neer die eind­fluit­jie mô­re­aand in die laas­te li­ga­wed­stryd, tus­sen die Haaie en die Leeus op Kings­park, blaas.

Hier is die sce­na­rio’s vir hoe din­ge nog kan uit­draai vir die Suid-A­fri­kaan­se span­ne:

Leeus:

Dié span kan eer­ste of twee­de op die pun­te­lys ein­dig. ) Wen die Cru­sa­ders (63 liga­pun­te) mô­re in Wel­ling­ton teen die Hur­ri­ca­nes, ein­dig hul­le bo­aan die pun­te­lys en is hul­le ver­se­ker van tuis­veld­voor­deel in al die uit­klop­wed­stry­de. ) Wen die Hur­ri­ca­nes en die Leeus (61) wen teen die Haaie, ein­dig die Leeus bo­aan die pun­te­lys. ) Speel die Cru­sa­ders en Hur­ri­ca­nes ge­lyk­op, sal die Leeus met ’n se­ge oor die Haaie dank­sy ’n be­ter pun­te­ver­skil as die ’Sa­ders steeds bo­aan die pun­te­lys ein­dig. Die Leeus se kwart­eind­teen­stan­der sal die High­lan­ders of Haaie wees.

S­tor­mers:

Die Ka­pe­naars is se­ker van die der­de plek op die pun­te­lys (dank­sy die veel­be­spro­ke kon­fe­ren­sie­stel­sel). ) Die S­tor­mers sal teen die Hur­ri­ca­nes (54) of C­hiefs (53) speel. As die C­hiefs teen die Brum­bies wen en die Hur­ri­ca­nes (54) teen die Cru­sa­ders ver­loor, sal dit die Hur­ri­ca­nes wees.

As die Hur­ri­ca­nes eg­ter met meer liga­pun­te as die C­hiefs ein­dig, sal die C­hiefs na Kaap­stad moet reis en sal die ’Ca­nes teen die Brum­bies in Can­ber­ra gaan speel.

Haaie:

Die Haaie (42) kan se­wen­de of agt­ste op die pun­te­lys ein­dig. ) As hul­le die Leeus met ’n bo­nus­punt klop en die High­lan­ders (46) ver­loor (son­der e­ni­ge bo­nus­pun­te) van­og­gend (SA tyd) tuis teen die Reds, sal die Haaie se­wen­de ein­dig. ) Wie eer­ste ein­dig op die pun­te­lys, is eg­ter van groot be­lang vir die Haaie. Die span wat agt­ste ein­dig, speel in die kwart­eind­ron­de weg teen die nr. 1­span en nr. 7 weg teen nr. 2. Die Haaie gaan dus Chris­t­church of Jo­han­nes­burg toe moet reis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.