Vrou wil eis ná ‘klap deur wit man’

Per­so­neel het glo nie in­ge­gryp

Beeld - - Front Page - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Vrou wat in die Ti­me S­qua­re Casino in P­re­to­ria-Oos deur ’n “groot wit man” ge­klap en ge­vloek is, ver­kwa­lik die dob­bel­huis daar­voor.

’n Pro­ku­reurs­brief na­mens A­de­li­ne Mam­ti Ka­ba (51) lui dat dié man se op­tre­de her­in­ner aan die on­lang­se voor­val in ’n S­pur­re­stau­rant. Die man is glo ene mnr. Roux. Die regs­fir­ma Gil­den­huys Ma­lat­ji sê in die brief aan die casino dat Ka­ba op 27 Ju­nie black­jack ge­speel het. ’n Af­skrif van die brief is aan Beeld ge­stuur.

Lui­dens die brief het twee mans regs van haar ge­sit, ter­wyl ’n man links van haar reeds be­sig was om te dob­bel.

Die ver­meen­de aan­ran­der, wat twee stoe­le regs van Ka­ba ge­sit het, het haar en die man links van haar be­veel om op ’n an­der plek te gaan speel.

Hul­le het ge­wei­er. Die “aan­ran­der” het ge­sê Ka­ba moet stil­bly en op En­gels ge­sê hy gaan haar “opf*k” en “plat­maak”. Hy het haar ’n teef ge­noem.

Hoe­wel die in­ti­mi­da­sie van ’n “swart weer­lo­se vrou” sig­baar was, het die casino nie in­ge­gryp nie, lui die brief.

“Die vol­gen­de oom­blik is ons kli­ënt ge­klap . . . ter­wyl sy by die ta­fel ge­sit het. Ons kli­ënt het ge­re­a­geer en is daar­na in be­dwang ge­hou deur ’n me­de­dob­be­laar. In dié sta­di­um was daar steeds geen in­gry­ping deur e­ni­ge vei­lig­heids­per­so­neel nie.”

Lui­dens die brief was Ka­ba his­te­ries weens die aan­ran­ding. Sy het haar par­fuum na die ver­meen­de aan­ran­der ge­gooi. Toe het die wag­te in­ge­gryp.

Ka­ba is glo teen haar wil aan­ge­hou. Sy het ge­ëis dat die po­li­sie ont­bied word, maar die ver­soek is na be­we­ring ge­wei­er.

Haar lip was op­ge­swel en sy het ’n op­per­vlak­ki­ge sny­wond aan die bin­ne­kant van die mond ge­had.

G­rey­ling Eras­mus, Ka­ba se pro­ku­reur, sê die casino gaan vir R502 000 ge­dag­vaar word.

Hy meen die casino het ’n plig ge­had om die saak ver­der te neem na­dat Ka­ba ge­dreig is. Die casino het nie op­ge­tree “in die aan­loop tot die voor­val nie en die aan­ran­der is son­der e­ni­ge ver­vol­ging laat gaan”.

Sun In­ter­na­ti­o­nal het by na­vraag ge­sê die voor­val het om­streeks 14:34 ge­beur. Wag­te is so­wat twee mi­nu­te la­ter ont­bied. Hul­le het die twee uit­me­kaar­ge­haal en na ’n dis­puut­ka­mer ge­neem om die si­tu­a­sie te ont­lont.

Die maat­skap­py sê ver­skeie be­stuur­ders het die twee oor die voor­val uit­ge­vra.

Beeld­ma­te­ri­aal is ge­kyk en een van die be­stuur­ders het voor­ge­stel dat die ver­meen­de aan­ran­der van die per­seel ver­wy­der word.

Die man is om­streeks 15:32 na bui­te be­ge­lei. Die se­ni­or vei­lig­heids­be­stuur­der kon toe eers sy naam en te­le­foon­nom­mer kry, want hy het vroe­ër ge­wei­er om e­ni­ge per­soon­li­ke be­son­der­he­de te verskaf.

Vol­gens die maat­skap­py is die po­li­sie op Ka­ba se ver­soek ge­bel. Die po­li­sie het ge­sê sy moet na die Brook­lyn-po­li­sie­kan­toor gaan om ’n aan­ran­dings­klag aan­han­gig te maak. Sy het in­ge­stem.

Sun In­ter­na­ti­o­nal sê Ka­ba het die casino ver­laat, maar la­ter die mid­dag te­rug­ge­keer om nog in­lig­ting oor die man te kry. Vol­gens haar het die po­li­sie meer in­lig­ting be­no­dig.

Die casino het haar mee­ge­deel dat dié per­soon­li­ke en ver­trou­li­ke in­lig­ting reg­streeks aan die po­li­sie ge­gee sal word.

Sun In­ter­na­ti­o­nal sê die vei­lig­heids­be­stuur­der het Ka­ba die vol­gen­de dag ge­bel om na haar wel­stand te ver­neem en sy het ge­sê sy is ou­kei. Die maat­skap­py sê op grond van die beeld- en klank­ma­te­ri­aal en ve­le ge­tui­es se ver­kla­rings is hy te­vre­de dat hy on­der die om­stan­dig­he­de die no­di­ge stap­pe ge­doen het.

Die Sun In­ter­na­ti­o­nal-groep be­skou e­ni­ge ge­weld as heel­te­mal on­aan­vaar­baar, lui sy ver­kla­ring.

Die maat­skap­py het die ver­meen­de aan­val­ler in ’n brief aan Gil­den­huys Ma­lat­ji as mnr. Roux ge­ï­den­ti­fi­seer. Dié brief is ook deur Gil­den­huys Ma­lat­ji aan Beeld ge­stuur.

Sun In­ter­na­ti­o­nal ont­ken in die brief e­ni­ge na­la­tig­heid of ver­keer­de op­tre­de deur die casino, die di­rek­teu­re of werk­ne­mers.

Die vol­gen­de oom­blik is ons kli­ënt ge­klap . . . ter­wyl sy by die ta­fel ge­sit het. Ons kli­ënt het ge­re­a­geer en is daar­na in be­dwang ge­hou deur ’n me­de­dob­be­laar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.