ANC gaan in De­sem­ber skeur, voor­spel Men­tor

Beeld - - Nuus -

Vy­tjie Men­tor, ANC­af­val­li­ge, het gis­ter voor­spel die re­ge­ren­de par­ty kan in De­sem­ber skeur.

Die­self­de ge­dag­te is gis­ter ook by ’n an­der ge­leent­heid deur Je­re­my Cro­nin, ad­junk­se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die SAKP, uit­ge­spreek.

“Daar is baie ge­beu­re wat wys op ’n skeu­ring,” het Men­tor by die Kaap­se Pers­klub ge­sê waar sy No Ho­ly Cows, haar self­ge­pu­bli­seer­de boek oor haar stryd teen die ANC­lei­ers­korps, be­kend ge­stel het.

“Daar is spra­ke dat daar in die Oos­Kaap ’n soort par­ty ge­vorm gaan word wat oor­een­koms­te sal hê met die par­ty se ou waar­de­stel­sel.

“As ek ver­keerd is oor die skeu­ring, is ek ver­keerd, maar ek glo vas daar gaan ’n skeu­ring wees. En as die ANC ná De­sem­ber uit die stryd tree son­der dat daar ’n skeu­ring was, sal dit die ein­de van sy pro­ble­me wees? Ek dink nie so nie.”

Cro­nin het op die SAKP se na­si­o­na­le kon­gres in Boks­burg ge­praat oor die moont­lik­heid dat dié par­ty tot 2019 se al­ge­me­ne ver­kie­sing kan toe­tree. Hy het ge­sê as die “ram­pok­kers van die ANC se pre­mier­liga” wel in De­sem­ber by die par­ty se lei­ers­ver­kie­sing die oor­win­naars is, kan dit die ANC laat skeur.

Daar is al on­se­ker­heid oor die toe­koms van die ANC, wat diep ver­deel is. “Dit sal vir die meer­der­heid van ons bit­ter moei­lik wees om in ANC­amp­te aan te bly on­der ’n lei­ers­korps van skur­ke, en baie in die ANC sal die­self­de voel.”

Bron­ne in die SAKP se bin­ne­kring meen dié par­ty gaan eers wag om te sien wat in De­sem­ber ge­beur voor­dat hy fi­naal be­sluit of hy aan die vol­gen­de al­ge­me­ne ver­kie­sing gaan deel­neem.

Men­tor het ook ge­sê die ANC se ein­de sal vin­ni­ger kom as dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni­Zu­ma tot nu­we pre­si­dent ver­kies word as wat die ge­val on­der adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa sal wees.

“Ja, as N­ko­sa­za­na oor­neem, sal dit die vin­ni­ge ein­de van die ANC be­te­ken. Ja, as Cy­ril oor­neem, sal dit nie so vin­nig ge­beur nie.

“Maar ek dink ons moet be­sorg wees oor Suid­A­fri­ka, eer­der as oor ’n par­ty wat ons in die ge­mors laat be­land het.”

Sy het hard­op ge­won­der hoe Suid­A­fri­ka­ners hul­le na die par­ty kan wend om die land te red na­dat hy hul­le in die “hui­di­ge ge­mors” be­land het.

Men­tor, wat vroe­ër ont­hul het die Gup­ta­fa­mi­lie het vir haar ’n mi­nis­te­ri­ë­le pos aan­ge­bied, het ook by haar stand­punt ge­hou dat daar ’n “kor­rup­te ver­hou­ding” tus­sen p­res. Ja­cob Zu­ma, die Gup­tas en som­mi­ge staats­in­stel­lings is. Dit gaan vol­gens haar ’n “reus­ag­ti­ge” po­ging verg om Suid­A­fri­ka van die “roof­die­re” los te wik­kel wat die staat ge­kaap het. “Hul­le is te diep ge­wor­tel en te lank al­leen ge­laat.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.