SAKP­le­de kan ANC los as pre­mier­liga wen

Beeld - - Nuus - – News24

Dit sal vir die mees­te SAKP-lei­ers moei­lik wees om in ANC-pos­te te bly in­dien die “ram­pok­ker-pre­mier­liga” op die ANC se lei­ers­ver­kie­sing in De­sem­ber se­ë­vier, sê Je­re­my Cro­nin, uit­ge­tre­de ad­junk-hoof­se­kre­ta­ris.

Cro­nin het gis­ter op die SAKP se na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie in die Bi­rchwood-ho­tel in Boks­burg oor die voor- en na­de­le van die SAKP se moont­li­ke deel­na­me aan 2019 se al­ge­me­ne ver­kie­sing ge­praat.

In­ge­lig­tes sê die SAKP sal eers ná die ANC se lei­ers­ver­kie­sing ’n be­sluit hier­oor neem, want hul­le wil eers sien of adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa tot ANC-lei­er ver­kies word.

Cro­nin sê an­der fak­to­re wat ’n rol sal speel, is die op­koms van die EFF, die “ver­lam­ming” in die ANC en staat­skaping.

Hy sê daar is on­se­ker­heid oor die ANC se toe­koms weens die ver­deeld­heid in die par­ty en die moont­lik­heid dat die “ram­pok­ker-pre­mier­liga”, die pre­miers van die Vry­staat, M­pu­ma­lan­ga, Noord­wes en K­waZu­lu-Na­tal, kan oor­win.

Hul­le is stoe­re on­der­steu­ners van p­res. Ja­cob Zu­ma en sy eks­vrou, dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma.

Fo­to: LISA HNATOWICZ

Je­re­my Cro­nin, voor­ma­li­ge ad­junk­hoof­se­kre­ta­ris van die SAKP.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.