Brons­beeld­jie vir Co­dy se dap­per­heid

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

’n Brons­beeld is ge­skenk aan Co­dy, ’n perd van Knys­na wat 16 dae in die veld met brand­won­de oor­leef het en self met die N2 langs te­rug­ge­stap het na die plaas waar hy woon.

Die beeld­jie van so­lie­de brons is deur ’n wel­doe­ner ge­skenk ter ere van Co­dy se dap­per­heid. Die beeld is ’n aan­tal ja­re ge­le­de deur ’n fa­mi­lie­lid van die sken­ker ge­maak.

Die wel­doe­ner en sy vrou was van die eer­stes wat Co­dy op die N2 ge­waar het. Hul­le het daar­na be­sluit om die beeld aan Co­dy te skenk.

Toe die bran­de op 7 Ju­nie uit­breek, is Co­dy en nog vier po­nies van Ka­ren Ra­de­mey­er in ’n na­by­ge­leë plan­ta­sie in­ge­jaag om­dat hul­le nie in die cha­os ge­vang ko word nie.

Al die an­der per­de op Ra­de- mey­er se plaas, langs die N2 tus­sen die af­draai na R­hee­nen­dal en Buf­fels­baai, is be­tyds na vei­lig­heid ge­bring.

Die plan­ta­sie waar die po­nies was, het toe nog nie ge­brand nie en Ra­de­mey­er-hul­le het ge­dink hul­le sou die vyf la­ter weer daar kry.

Die wind het eg­ter ge­draai en die ge­bied waar die po­nies vir die laas­te keer ge­sien is, het vier dae lank ge­brand.

Twee po­nies se oor­skot is reeds ge­kry, maar daar word nog na die an­der twee, Mi­la en Dé­jà Vu, ge­soek. Spo­re wat uit die plan­ta­sie lei, is moont­lik hul­le s’n.

Die brand­won­de aan Co­dy se ge­sig word mooi ge­sond.

“Ons is baie te­vre­de. Die vel bo sy oog­lid het ’n bie­tjie ver­kreu­kel om­dat dit van­self be­gin ge­sond word het voor­dat hy te­rug plaas toe ge­kom het. Dit laat sy oog­lid half op­lig. ’n Klein pro­se­du­re sal dalk ge­doen moet word om dit reg te stel, maar al­les word nou mooi ge­sond,” sê Ra­de­mey­er.

Sy het men­se be­dank vir hul be­lang­stel­ling en ge­vra dat hul­le or­ga­ni­sa­sies on­der­steun wat per­de en an­der die­re help. Men­se met in­lig­ting oor die ver­mis­te po­nies kan 082 877 1716 of 081 360 7279 ska­kel.

Die brons­beeld­jie wat aan Co­dy ge­skenk is.

Co­dy se brand­won­de her­stel goed.

Die bood­skap by die beeld­jie wat ’n wel­doe­ner ge­skenk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.