Cat­her­i­ne pronk weer met Di­a­na se oor­bel­le

Beeld - - Nuus - Ar­le­ne Prins­loo

Prin­ses Di­a­na se pê­rel-en-di­a­man­toor­bel­le was Woens­dag­aand weer te sien.

Cat­her­i­ne, her­to­gin van Cam­brid­ge, het haar oor­le­de skoon­ma se Col­ling­wood-pê­rel-en­di­a­man­toor­bel­le na die staats­ban­ket ter ere van ko­ning Fe­li­pe en ko­nin­gin Le­ti­zia van S­pan­je ge­dra.

Die S­paan­se ko­nink­li­kes is op ’n staats­be­soek aan B­rit­tan­je.

Cat­her­i­ne het ’n roos­pienk aand­rok na die ban­ket ge­dra – dié keer van die ont­wer­per Mar­che­sa.

Die rok kan skrams ge­sien word op die ko­nink­li­ke blog Du­chess Ka­te.

Die rok het ’n tref­fen­de hals­lyn wat die di­a­mant-en-ro­byn­hals­snoer van ko­nin­gin E­li­za- beth prag­tig ten toon stel.

En soos met die vo­ri­ge ban­ket, het Cat­her­i­ne weer die Cam­brid­ge Lo­vers K­not-ti­a­ra ge­dra.

Dié ti­a­ra was een van Di­a­na se guns­te­lin­ge, wat sy af­ge­wis­sel het met die S­pen­cer-ti­a­ra.

Die een­vou­di­ge pê­rel-en-di­a­man­toor­bel­le was deel van Di­a­na se pri­va­te ju­we­liers­wa­re­ver­sa­me­ling en is deur die ju­we­liers­huis Col­ling­wood aan Di­a­na as trou­ge­skenk ge­gee.

Cat­her­i­ne het ook in die ko­nin­gin se ju­we­liers­wa­re­ver­sa­me­ling ge­snuf­fel vir ’n prag­ti­ge hals­snoer, een uit die G­re­vil­le­na­la­ten­skap wat aan die ko­nin­gin­moe­der na­ge­laat is. Dit is weer aan ko­nin­gin E­li­za­beth na­ge­laat.

Dié hals­snoer het by­pas­sen­de oor­bel­le en is vol­gens die ko- nink­li­ke blog­ger @O­der­ofS­plen­dor laas in die 1980’s ge­dra.

Al die ko­nink­li­ke da­mes het met skit­te­ren­de ti­a­ras ge­pronk. Ko­nin­gin Le­ti­zia het met die F­leur de Lys-ti­a­ra ge­spog, ko­nin­gin E­li­za­beth met die Bra­si­li­aan­se a­qua­ma­ri­ne-ti­a­ra en Ca­mil­la, her­to­gin van Corn­wall, met die G­re­vil­le-ti­a­ra (ook een van Ca­mil­la se guns­te­lin­ge).

Die G­re­vil­le-ti­a­ra is die eer­ste keer in Suid-A­fri­ka ge­dra toe die des­tyd­se ko­ning Ge­or­ge VI en ko­nin­gin E­li­za­beth (die hui­di­ge ko­nin­gin E­li­za­beth se ou­ers) Suid-A­fri­ka besoek het, be­rig die Or­der of S­plen­dor-blog.

Woens­dag se ge­leent­heid was heel moont­lik ook prins P­hi­lip se laas­te by­wo­ning van ’n staats­ban­ket aan­ge­sien hy ná die B­rit­se so­mer nie meer ko­nink­li­ke ver­plig­tin­ge sal hê nie.

Fo­to’s: GETTY IMAGES

Wy­le Di­a­na, prin­ses van Wal­lis (links), en Cat­her­i­ne, her­to­gin van Cam­brid­ge, met die Col­ling­wood­pê­rel­en­di­a­man­toor­bel­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.