Fran­ja en Ru­an reik vi­deo uit

Beeld - - Nuus - Mar­ti­net­te Hay

Die mu­siek­vi­deo van Fran­ja du P­les­sis (23) en haar broer Ru­an Josh (27) se lied­jie “Ek wil le­we” word van­dag uit­ge­reik.

Hul ma, Ju­a­ni­ta du P­les­sis, het die lied­jie vir hul­le ge­skryf.

“Dit is dus ’n vol­waar­di­ge fa­mi­lie­po­ging,” sê Ru­an.

Hul­le het die mu­siek­vi­deo in die om­ge­wing van Wa­ter­val Bo­ven en Kaap­se­hoop in M­pu­ma­lan­ga ver­film.

Ru­an en Fran­ja word by Wa­ter­val Bo­ven af­ge­laai en reis dan met rug­sak­ke en slaap­sak­ke deur die wou­de na Kaap­se­hoop.

“Ná die ver­fil­ming van die mu­siek­vi­deo is Kaap­se­hoop de­fi­ni­tief een van my en Fran- ja se guns­te­ling­dor­pies.

“Dis ’n weg­ge­steek­te ju­weel met die ou­lik­ste re­stau­ran­te en win­kel­tjies,” sê Ru­an.

Fran­ja se ver­loof­de, Wil­lie En­gel­brecht, is ook in die vi­deo te sien.

Die lied­jie is die twee­de en­kel­snit van Ru­an se de­buu­tal­bum, Eg­go.

Fran­ja en Ru­an het in die so­si­a­le me­dia aan­ge­dui dat vol­ge­lin­ge hul nu­we mu­siek­vi­deo van­dag om 12:00 op YouTu­be sal kan sien.

Dit sal ook vol­gen­de week op kykNET se mu­siek­pro­gram Top 20 te sien wees.

Fran­ja is vroe­ër van­jaar by die G­hoe­ma-mu­siek­toe­ken­nings as die vrou­e­kuns­te­naar van die jaar aan­ge­wys.

Fo­to: FACEBOOK

’n S­kerm­greep uit die mu­siek­vi­deo van Fran­ja en Ru­an wat van­dag be­kend ge­stel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.