‘P­re­to­ria se staats­ge­boue gaan brand’

Po­li­ti­ci praat, doen niks, sê hul

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

So­wat 1 000 in­wo­ners van die Gomorrah-plak­kers­kamp na­by Booy­sens in P­re­to­ria-Wes sê hul­le sal mu­ni­si­pa­le ei­en­dom bly ver­nie­tig tot­dat ge­hoor ge­gee word aan hul ei­se.

Hul­le eis on­der meer paaie, skoon wa­ter, toi­let­te, e­lek­tri­si­teit en hui­se.

Die groep het tus­sen mid­der­nag en 01:00 paaie met bran­den­de bui­te­ban­de en rom­mel be­gin ver­sper.

Toe die son op­kom, was ’n mu­ni­si­pa­le ge­bou en ses voer­tuie aan die brand.

Hul­le is nie be­ïn­druk deur die po­li­ti­ci en amp­te­na­re wat met hul­le ge­praat het nie.

“Hul­le kom hier in hul duur kle­re en ge­bruik groot woor­de wat nie­mand ver­staan nie.

“Ons woon meer as tien jaar hier en ons kry aan­hou­dend leë be­lof­tes. Ons gaan niks be­lo­we nie, ons gaan doen.

“Ons sal el­ke staats­ge­bou in die stad af­brand as ons moet, maar ge­noeg is ge­noeg. Ons ver­dien om ge­hoor te word,” sê een in­wo­ner.

Wil­li­am Mai­la, die om­ge­wing se voor­sit­ter van San­co, ’n bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sie, en lei­er van die be­to­ging, sê die re­ge­ring weet van hul pro­ble­me, maar maak as­of hul­le nie be­staan nie.

“Dit is nie die eer­ste keer dat ons daar­oor praat nie. Hul­le weet daar­van. Hul­le het ge­sê ons moet op die nu­we be­gro­ting wag wat be­gin van­dees­maand in wer­king sou tree. Ons het hul­le ver­trou en ge­wag.

“Toe ons be­sef hul­le het geen plan­ne om ons te ant­woord nie, het ons na hul kan­to­re ge­gaan en Mand­la N­ko­mo (bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir be­hui­sing en mens­li­ke ne­der­set­tings in Tshwa­ne) se men­se het ons daar uit­ge­jaag en ge­sê ons moe­nie te­rug­kom nie. Nou wat­ter op­sie gee hul­le ons dan?” wil hy weet.

“Ons werk nie, so ons kan nie eens lug­tyd be­kos­tig om hul­le te bel nie. Ons moet fi­siek soon­toe loop, maar hul­le jaag ons uit.”

Jos­hua N­go­nya­ma, voor­ma­li­ge bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir be­hui­sing in Tshwa­ne en hui­di­ge hoof­di­rek­teur vir wa­ter en sa­ni­ta­sie in Gau­teng, het be­ves­tig hy weet van die pro­ble­me in die ge­meen­skap.

“Ek was ’n bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid en die ge­meen­skap het met my daar­oor ge­praat. Dit is wel moei­lik om bin­ne ’n jaar e­lek­tri­si­teit te verskaf. Dit moet in fa­ses ge­doen word en dit gaan tyd neem.”

Die in­wo­ners sê dit is wat N­go­nya­ma el­ke jaar sê, maar niks ge­beur nie.

Hy sê die Gau­teng­se re­ge­ring het die grond waar­op die ge­meen­skap woon by ’n pri­va- te per­soon ge­koop. Daar is ’n wet­li­ke pro­ses wat ge­volg moet word om die grond aan die Tshwa­ne-me­tro te oor­han­dig.

“Slegs die Tshwa­ne-me­tro kan diens­te aan jul­le verskaf, maar die grond is nog nie oor­han­dig nie. Daar was ’n pro­bleem in die kom­mu­ni­ka­sie, maar dit sal bin­ne­kort af­ge­han­del word.

“Dit is net hart­seer dat ei­en­dom so ver­nie­tig word vir iets wat in ’n me­mo­ran­dum ge­skryf kon word.”

Hier­op het die ge­meen­skap hard­op ge­skree: “Ons het jou ge­sê. Meer as een keer!”

In­wo­ners sê hul­le sal ’n ko­mi­tee aan­wys om toe­koms­plan­ne te maak. ) In Jo­han­nes­burg het be­to­gers paaie om Le­na­sia-Suid ver­sper.

Kapt. Kay Mak­hu­be­la, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê ’n groep men­se wat hui­se en grond eis, het toe­stem­ming ge­kry om van 09:00 tot 12:00 na die mu­ni­si­pa­le kan­to­re te stap om ’n me­mo­ran­dum te oor­han­dig.

Hul­le het vroeg­og­gend paaie ver­sper, maar het die be­to­ging teen 12:00 be­ëin­dig.

’n Po­li­sie­be­amp­te staan reg om traan­gas op be­to­gers te skiet. Fo­to’s: DEAAN VIVIER

In­wo­ners van die Gomorrah­plak­kers­kamp het gis­ter net ná mid­der­nag be­gin be­toog.

Po­li­sie­be­amp­tes maak Van der Hoff­weg skoon na­dat be­to­gers klip­pe op die pad ge­gooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.