‘Fiets­ry­er het my soos ’n wil­de dier aan­ge­val’

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Sa­man­tha van den Hee­ver sê sy het die trau­ma van toe ’n fiets­ry­er haar aan­ge­val het, her­leef toe sy gis­ter­mid­dag in die land­dros­hof in Kru­gers­dorp moes ge­tuig.

Van den Hee­ver wou op 25 Sep­tem­ber ver­le­de jaar gaan stap het saam met ’n vrien­din op die Krom­draai-pad in die Wieg van die Mens­dom toe sy na be­we­ring her­haal­de­lik deur ’n fiets­ry­er deur die ge­sig ge­slaan is.

Haar man, Ga­vin, is glo la­ter deur die­self­de fiets­ry­er met warm kof­fie ge­gooi en aan­ge­rand met die kof­fie­be­ker.

S­te­phen Leeuw, wat van dié mis­da­de be­skul­dig word, het gis­ter skuld ont­ken op drie aan­klag­te – twee aan­klag­te van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer en een van aan­ran­ding.

“Dit is aak­lig om daar te staan. Jy voel soos die skurk ter­wyl jy eint­lik die reg­te ding pro­beer doen en ge­reg­tig­heid wil laat ge­skied,” het sy bui­te die hof ge­sê.

“Jy her­leef die trau­ma as jy in daar­die hok­kie staan. Daar is se­ke­re de­le wat ek baie dui­de­lik ont­hou, maar ek het daar­die dag so groot ge­skrik. ’n Mens ver­geet maar van die fy­ner be­son­der­he­de.”

Sy was die eer­ste ge­tuie wat teen Leeuw ge­tuig het.

Vol­gens haar het Leeuw daar­die dag na­by ’n blin­de draai uit die nood­baan na die oop pad be­weeg toe sy vir hom ge­toet het.

“Ek het slegs die toe­ter ge­druk om hom te waar­sku dat ek op pad is,” het Van den Hee­ver ge­sê.

Vol­gens haar moes sy vir hom uit­swaai.

Van den Hee­ver het ge­tuig sy het toe stil­ge­hou om te sien of Leeuw dalk seer­ge­kry het. Sy be­weer hy het toe ver­skeie ke­re aan haar mo­tor se bak­werk be­gin slaan.

“Hy het aan my mo­tor be­gin slaan. Toe ek uit­klim om te vra wat sy pro­bleem is, het hy my soos ’n wil­de dier be­gin aan­val,” het sy ge­sê.

Adv. James Moodie, vir die ver­de­di­ging, het in die hof aan­ge­voer dat Van den Hee­ver on­ge­dul­dig was met die baie fiets­ry­ers in die om­ge­wing. Hy het ver­der ge­sê Van den Hee­ver het ver­oor­saak dat Leeuw van sy fiets af val deur die rem van haar voer­tuig te trap.

Bar­ba­ra Vou­dou­ris, wat die dag saam met Sa­man­tha in die mo­tor was, en Ga­vin sal ná ver­wag­ting ge­tuig wan­neer die ver­hoor op 30 Au­gus­tus her­vat. ) Vroe­ër is be­rig vol­gens Si­mon Riekert, ’n fiets­ry­er wat die ge­beu­re sien ont­vou het, was daar let­ter­lik skuim by Leeuw se mond­hoe­ke.

Riekert het ge­sê hy moes ten ty­de van die aan­val Leeuw se eie fiets ge­bruik om hom en Sa­man­tha te be­skerm.

Ná die be­weer­de aan­val was die Van den Hee­vers op pad na die Ho­ney­dew-po­li­sie­kan­toor toe hul­le Leeuw by die Bi­don Bis­tro sien sit het.

Vol­gens Ga­vin het hy stil­ge­hou om die man te kon­fron­teer.

“Toe hy Sa­man­tha in die kar sien, het hy my met warm kof­fie ge­gooi en my toe met die kof­fie­be­ker ge­slaan,” het Ga­vin vroe­ër ge­sê.

Die fiets­ry­er (links) wat Sa­man­tha van den Hee­ver glo ge­klap en haar mo­tor ge­slaan het, en la­ter na haar man met warm kof­fie ge­gooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.