Be­jaar­de vroue met bak­ste­ne ver­moor

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

’n Vrou het Woens­dag op die ly­ke van haar be­jaar­de ma en ou­ma in hul huis aan die be­si­ge Web­ber­weg in Lambton, Ger­mis­ton, af­ge­kom.

Kon­stan­ti­nia Mour­man­li (91) en haar dog­ter Ma­kou­la A­vyi­di (70) is vol­gens ’n lid van die ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum met bak­ste­ne ge­slaan.

Hul kat was gis­ter­mid­dag nog in die huis toe A­vyi­di se twee dog­ters die huis besoek het.

“Hul­le is be­roof en ver­moor,” sê A­vyi­di se een dog­ter, wat nie haar naam be­kend wou maak nie. Sy het om­streeks 14:00 haar ma se lyk in die voor­tuin ge­sien.

Sy wys na ’n plek langs die mo­tor­op­rit en sê: “Dis waar hul­le haar ge­los het.

“My ma (A­vyi­di) het die vul­lis uit­ge­neem en die as­blik in­ge­bring. Dis toe sy ge­vang is.”

Die an­der sus­ter sê hul ou­ma was weer­loos. “Sy kon nie eens loop nie.”

Die moor­de­naars het hul ma se ka­mer ge­plun­der, maar die dog­ters dink nie die mis­da­di­gers het lank ge­bly nie.

“Hul­le het nie die helf­te van die be­sit­tings ge­kry nie. Geen TV’s is weg nie. Niks. Hul­le het net ’n ring, ’n hor­lo­sie en ’n kruis ge­neem.”

Pi­ne Pie­naar, on­der­voor­sit­ter van die LambtonK­lip-ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum, het die dog­ter se in­lig­ting be­ves­tig.

“Nie­mand kon die vrou in die voor­tuin sien lê nie, want sy is met ’n kom­bers toe­ge­gooi en die as­blik is voor haar ge­skuif. Die tan­nie is die laas­te keer ge­sien toe sy haar as­blik tus­sen 08:15 en 08:30 uit­stoot.”

Die Gau­teng­se pro­vin­si­a­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, lt.genl. De­li­we de Lan­ge, het Woens­dag haar skok oor die “ge­na­de­lo­se moord” uit­ge­spreek. “Mis­da­de teen kin­ders, vroue en be­jaar­des is ’n pri­o­ri­teit en die po­li­sie sal se­ker maak dat die skul­di­ges ver­ant­woord­baar ge­hou word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.