Pta­die­re­tuin kry in­ter­dik teen sta­kers

Beeld - - Nuus - – Seug­net van Zyl

Die Na­si­o­na­le Die­re­tuin in P­re­to­ria het ’n drin­gen­de in­ter­dik be­kom waar­in sta­ken­de wer­kers ver­bied word om an­der wer­kers te in­ti­mi­deer of aan te rand, die in­gang te ver­sper of rom­mel daar te gooi.

“Dit is nie om die sta­king te keer nie – dit is ’n wet­ti­ge sta­king – maar om se­ker te maak dat die sta­ken­de wer­kers nie an­der wer­kers in­ti­mi­deer of aan­rand en die in­gang ver­sper nie,” sê Craig Al­len­by, woord­voer­der van die die­re­tuin.

Die ar­beids­hof in Jo­han­nes­burg het Dins­dag­mid­dag die in­ter­dik be­krag­tig na­dat sta­ken­de wer­kers die og­gend ’n wer­ker wat nie ge­staak het nie, aan­ge­rand het.

Al­len­by sê ’n aan­ran­ding­saak is by die P­re­to­ria-Sen­traal-po­li­sie­kan­toor aan­han­gig ge­maak.

Die so­wat 120 sta­ken­de wer­kers, om­trent ’n der­de van die die­re­tuin se per­so­neel­le­de, is le­de van die Na­ti­o­nal Tra­de U­ni­on Con­gress (NTUC).

Sop­ho­nia Ma­cha­ba, na­si­o­na­le se­kre­ta­ris van die NTUC, sê hul­le dring daar­op aan dat wer­kers op Son­dae dub­bel be­taal word en op Sa­ter­dae 1,5 keer.

Al­len­by sê al­le werk­ne­mers werk ses dae per week teen ge­wo­ne be­ta­ling en kry op Son­dae 1,5 keer oor­tyd­be­ta­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.