Vier keer le­wens­lank ná hy oue ver­krag

Beeld - - Nuus - – Ü­gen Vos

’n Goeie Sa­ma­ri­taan wat op 92-ja­ri­ge ou­der­dom min­stens vier keer ver­krag is, het gis­ter ge­reg­tig­heid ge­kry toe die aan­val­ler in die streek­hof in P­re­to­ria tot vier keer le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis is.

Wil­li­am Mo­lau­d­zi (36) het dié von­nis­se plus 12 jaar weens die roof en ver­krag­ting van die be­jaar­de vrou ge­kry.

Sy me­de­plig­ti­ge, Xo­la­ni N­gud­le (37), is ook tot 12 jaar ag­ter tra­lies ge­von­nis. Vol­gens ge­tui­e­nis voor die hof het Mo­lau­d­zi se slag­of­fer die mid­dag van 13 Ok­to­ber 2013 vir hom kos aan­ge­bied.

Hy het be­sef die vrou woon al­leen en het N­gud­le om­streeks 20:00 ge­na­der met ’n plan om haar te be­roof. Die twee het by die vrou se huis in­ge­breek en na­dat hul­le deur die pla­fon ge­breek het toe­gang tot haar slaap­ka­mer be­kom.

Vol­gens kapt. Da­niel Ma­vim­be­la, woord­voer­der van die Sun­ny­si­de-po­li­sie­kan­toor, het N­gud­le die huis ge­plun­der ter­wyl Mo­lau­d­zi die be­jaar­de vrou tot in “die vroeë” og­gend­u­re her­haal­de­lik ver­krag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.