Sui­we­ring van grond­wa­ter met bak­te­rieë ’n ‘mo­del vir SA’

Beeld - - Nuus - Mal­her­be Nie­na­ber Pamela Tshwete, ad­junk­mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, gis­ter met haar besoek aan die P­reek­stoel­wa­ter­sui­we­rings­aan­leg in Her­ma­nus.

Grond­wa­ter kan in ’n droog­te ’n red­dings­boei vir som­mi­ge mu­ni­si­pa­li­tei­te wees en o­wer­he­de moet die ver­nu­wen­de werk daar­oor deel.

Pamela Tshwete, ad­junk­mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, het gis­ter op ’n besoek aan die P­reek­stoel-wa­ter­aan­leg in Her­ma­nus ge­sê daar is reeds baie lesse uit die on­lang­se droog­te ge­leer. Daar moet nou ’n daad­werk­li­ke po­ging wees om dié ken­nis te deel.

Die wa­ter­sui­we­rings­aan­leg in die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit is die eer­ste in die land wat met bi­o­fil­tra­sie werk om me­ta­le uit grond­wa­ter te ver­wy­der so­dat dit vir huis­hou­de­li­ke ge­bruik ge­skik is.

Dit word nou ge­bruik om die mu­ni­si­pa­li­teit se wa­ter­toe­voer met grond­wa­ter uit boor­ga­te aan te vul om vir toe­koms­ti­ge ont­wik­ke­ling en droog­tes voor­sie­ning te maak.

Tshwete sê die aan­leg kan as ’n mo­del vir an­der mu­ni­si­pa­li­tei­te dien en dit moet met an­der pro­vin­sies ge­deel word.

“Ons gee nie om of die op­los­sings van die DA of ANC kom nie – wa­ter mag nie ver­po­li­ti­seer word nie. Dit voor­sien in ’n ba­sie­se be­hoef­te en ge­meen­skap­pe kan nie daar­son­der ont­wik­kel nie,” het sy ge­sê.

“Met dié droog­te het ons baie ge­leer om sa­me­wer­king te ver­diep en saam op­los­sings te vind. Ek is 65 en het nog nooit ’n droog­te soos dié ge­sien nie.”

Sy het ook ge­sê Suid-A­fri­ka­ners moet be­ter in­ge­lig word oor wa­ter­be­spa­ring en nu­we teg- no­lo­gie om dit te kan waar­deer en te ver­staan dat hul­le steeds wa­ter moet be­spaar al word grond­wa­ter ge­bruik.

S­te­phen M­ül­ler, di­rek­teur van in­fra­struk­tuur en be­plan­ning van die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit, sê die aan­leg sal na ver­wag­ting R30 mil­joen oor 20 jaar be­spaar.

Dit is in 2013 ge­bou en in 2014 in wer­king ge­stel.

R87 mil­joen is be­stee om die aan­leg te bou. So­wat R60 mil­joen het van die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit ge­kom en R20 mil­joen van die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie. Die aan­leg kan tot 10 me­ga­li­ter wa­ter per dag ver­werk en ge­bruik wa­ter van 11 boor­ga­te in die ge­bied. 60 000 men­se word be­dien.

Wa­ter word ge­pomp na ’n sand­fil­ter waar bak­te­rieë, wat ys­ter en man­gaan kan ver­teer, toe­ge­laat word om te groei. Suur­stof word by die wa­ter ge­voeg en die pH ver­an­der so­dat toe­stan­de guns­tig vir die kweek van dié bak­te­rieë is.

Met be­hulp van die bak­te­rieë kan die me­taal in die wa­ter ok­si­deer en ver­wy­der word, waar­na die wa­ter ont­smet en by die ge­wo­ne drink­wa­ter­stel­sel ge­voeg word.

Dit sal dor­pe soos Her­ma­nus min­der af­hank­lik van dam­wa­ter maak en dam­vlak­ke spoe­di­ger kan laat her­stel.

Fo­to: ADRIAN DE KOCK

Pamela Tshwete, ad­junk­mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.