San­par­ke is ‘ver­ras’ oor sta­king

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

San­par­ke is ver­ras oor die vak­bond Hosper­sa se aan­kon­di­ging dat hy hom op ’n land­wye sta­king voor­be­rei.

“Ons is nog nie amp­te­lik in ken­nis ge­stel dat vak­bond­le­de bin­ne­kort gaan staak na­dat on­der­han­de­lin­ge oor sa­la­ris­ver­ho­gings ’n dooi­e­punt be­reik het nie,” sê Fun­di­si­le M­ke­te­ni, San­par­ke se uit­voe­ren­de hoof. Daar moet vol­gens hom eers oor­een­ge­kom word op die re­ëls vir ar­beids­op­tre­de, soos be­to­gings.

Hosper­sa het Dins­dag in ’n ver­kla­ring op sy web­werf ge­sê ’n sa­la­ris­ge­skil is ver­klaar na- dat on­der­han­de­lin­ge skip­breuk ge­ly het. “Die man­daat van ons le­de is om ’n 9%-ver­ho­ging te be­ding, maar San­par­ke bied 6% aan,” sê Noel Des­fon­tai­nes, hoof­se­kre­ta­ris van Hosper­sa.

“San­par­ke het lui­dens sy jaar­ver­slag ’n in­kom­ste van R1,29 mil­jard ge­ge­ne­reer. Dit is R93,8 mil­joen meer as waar­voor be­groot is. Dié sy­fers is ’n aan­dui­ding dat San­par­ke be­slis ’n be­ter aan­bod kan doen.”

M­ke­te­ni sê die vak­bond neem nie be­dryfs­kos­te, be­wa­rings­diens­te en in­stand­hou­ding in ag nie.

“In ag ge­no­me in­fla­sie van tus­sen 5,3% en 5,4% in A­pril en Mei is die aan­bod van 6% (plus 1% vir be­vor­de­rings) bil­lik.”

Hosper­sa sê in sy ver­kla­ring diens­te sal in ver­skeie wild­tui­ne ont­wrig word, maar San­par­ke gee die ver­se­ke­ring dat hy ge­beur­lik­heids­plan­ne het om voort­ge­set­te diens­te en gas­te se vei­lig­heid te ver­se­ker.

San­par­ke het 4 076 werk­ne­mers, van wie 2 291 in die Kru­ger­wild­tuin werk.

Ja­ni­ne Raf­to­pou­los, kom­mu­ni­ka­sie­hoof van San­par­ke, sê 2 164 van die werk­ne­mers is le­de van Hosper­sa, 778 van Ne­ha­wu en 94 van Sac­ca­wu.

Fun­di­si­le M­ke­te­ni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.