A­mor te­rug in die Laan ‘om te fig­ht, skat­te­bol’

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Haar kin­ders skud net kop as hul­le sien wat sy as Zel­da aan­vang in 7de Laan, maar sy is ’n heer­li­ke ka­rak­ter wat din­ge sê soos dit is, sê A­mor Vit­to­ne.

Dié sus­ter van die ka­rak­ter Ma­ri­aan Wel­man is in Sep­tem­ber te­rug op die kas­sie om a­mok te maak.

Die to­ne­le word tans ver­film en A­mor moet op ’n draf­stap by­hou.

“Jy moet jou woor­de kén. Hul­le skiet ’n e­pi­so­de per dag en daar is nie tyd vir fou­te nie.”

Vit­to­ne moet al op die stel wees teen die tyd dat Jor­dan (13) en Ky­lie (11) skool toe gaan, daar­om sit haar ma hand by.

“Die feit dat hul­le ( 7de Laan) my te­rug­ge­roep het, is ’n groot kom­pli­ment,” sê ’n uit­a­sem Vit­to­ne toe Beeld haar bel om meer oor Zel­da se jong­ste doen en la­te uit te snuf­fel.

“Ek het nog net Vry­dag (van­dag) en vol­gen­de week se teks­te ont­vang. Zel­da is te­rug in die Laan om jam­mer te sê om­dat sy Ma­ri­aan se man wou af­vry. Maar ek dink sy pro­beer haar­self weer in­wurg by die ge­sin.”

Vit­to­ne be­skryf haar se­pie­ka­rak­ter as ie­mand met ’n baie sterk per­soon­lik­heid. “Sy is streetwi­se, men­se dink sy het nie ’n hart nie, maar sy het swaar­kry as kind ge­ken. Haar sus­ter het ryk ge­trou en sy’s lek­ker ja­loers op haar.”

Zel­da is vol­gens Vit­to­ne baie ma­ni­pu­le­rend, het al­tyd ’n kê­rel ja­re jon­ger as sy en is ’n op­per­ste fler­rie, al is sy aan die mol­li­ge kant.

“Ek moes ge­wig op­tel, want Zel­da dink sy lyk goed, al sit haar kle­re hóé styf. Sy’t ’n lek­ker kom­min streep in haar en sê ’n ding nes hy is. Sy sal by­voor­beeld sê: ‘Ja, dis ’n ni­ce plek, my sus­ter het goeie smaak.’ Dan sal sy om­draai en sê: ‘It runs in the fa­mi­ly,’ ” sê Vit­to­ne ter­wyl die lag oor Zel­da se sê­goed by haar keel uit­bor­rel.

Vit­to­ne het in haar stu­den­te­ja­re deel­tyds to­neel­klas­se ge­neem. “Ek het S­ta­nis­la­vski se met­hod acting ge­leer, soos C­har­li­ze T­heron ook. Dit leer jou om met se­ke­re to­ne­le ge­voe­lens te her­leef wat jy al be­leef het en is ’n baie goeie vorm van te­ra­pie.”

Die kri­tiek wat sy ver­duur, as ak­tri­se, san­ger en ver­al we­du­wee van Joost van der West­hui­zen, traak haar nie. “Dis men­se wat so bo­red is met hul eie le­we. Reg­tig, as jy nie van my hou nie, kyk iets an­ders!

“Ek kan al­les vat, ek het ’n dik vel, maar as jy in my ka­rak­ter in­klim of my kin­ders of my ou­ers, dan kook my I­ta­li­aan­se bloed. My kin­ders is my le­we en ek le­we vir hul­le.” En wat sou Zel­da se raad aan Vit­to­ne wees? “O, sy sou sê: ‘ Fig­ht, fig­ht, want ons vroue moet sterk op­staan, skat­te­bol. Kry vir jou ’n lek­ker 25 y­e­ar old en ver­skyn met die sexy hunk op die red car­pet. Dan is al­mal se ton­ge los en jy t­rend, jy t­rend!’ ”

A­mor Vit­to­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.