Vry­dag Der­de ‘A­pes’ span die kroon

Beeld - - Vrydag - Kar­la Jan­se van Vuur­en

Die eer­ste Pla­net of the A­pes- fliek het in 1968 die lig ge­sien, en was die be­gin van ver­skeie flieks en te­le­vi­sie­reek­se.

Die nuut­ste reeks, wat in 2011 be­gin het met Ri­se of the Pla­net of the A­pes, ge­niet kom­mer­si­ë­le suk­ses en lof soos wat ’n he­le nu­we ge­ne­ra­sie deur die ver­hou­ding tus­sen die mens­dom en bui­ten­ge­woon slim ape ver­maak word.

In War for the Pla­net of the A­pes (wat volg op 2014 se Da­wn of the Pla­net of the A­pes) is die sjim­pan­see Ca­e­sar (An­dy Ser­kis) en sy vol­ge­lin­ge ge­wik­kel in ’n bloe­di­ge oor­log met die men­se wat die do­de­li­ke aap­griep in die eer­ste fliek oor­leef het. Dié oor­log het be­gin ná die ak­sies van Ko­ba (’n sjim­pan­see met ’n in­ten­se haat vir men­se) in Da­wn.

Ca­e­sar haat die bloed­ver­gie­ting en wil eint­lik net in v­re­de met sy ge­sin en die an­der ape leef.

Ná ’n sker­mut­se­ling met sol­da­te word die ape ver­raai en in hul weg­kruip­plek ver­ras.

Ca­e­sar ly ’n per­soon­li­ke ver­lies ná die op­tre­de van die sol­da­te se ko­lo­nel (Woody Har­rel­son) en wil net wraak neem.

Ca­e­sar stuur die an­der ape weg en hy volg die ko­lo­nel se spoor. Drie van sy naas­te ver­trou­e­lin­ge, die oe­rang­oe­tang Mau­ri­ce (Ka­rin Ko­no­val), die sjim­pan­see Roc­ket (Ter­ry No­ta­ry) en die go­ril­la Lu­ca (Mi­cha­el A­damthwai­te) wei­er om hom al­leen te laat gaan.

Op die ko­lo­nel se spoor kom hul­le af op ’n mei­sie­tjie, No­va (A­mi­ah Mil­ler) en Mau­ri­ce dring daar­op aan om haar saam met hul­le te vat.

La­ter sluit Bad Ape (S­te­ve Zahn), ’n sjim­pan­see wat voor­heen in ’n die­re­tuin ge­bly het, hom ook by hul­le aan (sy ka­rak­ter bied heer­li­ke en brood­no­di­ge ko­mie­se ver­lig­ting).

Die ko­lo­nel en sy man­skap­pe ver­skans hul­self in ’n mi­li­tê­re ba­sis in die ber­ge en dis hier waar Ca­e­sar en kie tot hul af­gry­se ont­dek dat al die an­der ape ge­van­ge ge­neem is en nou in hok­ke deur die sol­da­te aan­ge­hou word.

Nou moet ’n red­dings­o­pe­ra­sie by Ca­e­sar se plan­ne ge­voeg word en na­tuur­lik is daar ver­skeie strui­kel­blok­ke in hul pad.

Hier­die fliek is ’n e­mo­si­o­ne­le wip­wa­rit wat ’n mens in­suig en jy kan nie help om aan die ape se kant te wees in hul stryd teen die mens­dom nie.

War for the Pla­net of the A­pes bied ho­pe ak­sie wat ’n mens op die punt van jou stoel sal hou, maar dit het ook ’n diep­te wat jou dalk na ’n sne­sie gaan laat gryp.

Ser­kis is ou­der­ge­woon­te uit­ste­kend as Ca­e­sar en die wê­reld wat die film­ma­kers ge­skep het is só oor­tui­gend dat ’n mens to­taal daar­in glo.

Har­rel­son is ook per­fek as die bo­se ko­lo­nel en as ky­ker hoop jy dat Ca­e­sar hom spoe­dig die e­wig­heid sal in­help.

As ie­mand wat al drie flieks in dié reeks ge­sien het, is dié laas­te af­le­we­ring be­slis my guns­te­ling. )

Met o.a. An­dy Ser­kis, S­te­ve Zahn, Ju­dy G­reer en Woody Har­rel­son. Re­gie: Matt Ree­ves. Tyds­duur: 140 mi­nu­te. Die oor­log tus­sen mens en dier word in War for the Pla­net of the A­pes voort­ge­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.