Kie­lie jou hier, kie­lie jou daar . . .

Beeld - - Vrydag - Teré­sa Coet­zee Lané Klop­per by die Tickle Spot in Park­mo­re.

Toe ek die eer­ste keer van die Tickle Spot in Sand­ton ge­hoor het, was ek maar bra skep­ties, want ek kan hoog­stens ’n hal­we mi­nuut ge­kie­lie word voor­dat ek taam­lik dik daar­voor is. Dis soos my een kol­le­ga te­reg sê: “Ek sal eer­der ge­klap as ge­kie­lie word”.

Tog kon ek nie die ver­soe­king weer­staan om hier­die nu­we kie­lie-sa­lon op die proef te gaan stel nie.

Die Tickle Spot is ’n klein, in­tie­me sa­lon in Park­mo­re, Sand­ton, en om­dat dit skool­va­kan­sie is, het ek my 11-ja­ri­ge seuns­kind saam­ge­vat vir ’n ma-en-seun-uit­stap­pie. (Hy is selfs nog meer kie­lie­rig as ek en hy is boon­op baie skaam.) Ons het saam in die dub­bel­ka­mer gaan lê vir ons kie­lie-be­han­de­ling.

En dit werk só: Dit is veel meer soos ’n heer­li­ke, sag­te rug­krap as ’n ge­kie­lie.

Die te­ra­peu­te het lang na­els waar­mee hul­le oor jou rug, arms en kui­te streel en soms kry ’n mens werk­lik spon­taan hoen­der­vleis, van pu­re lek­ker­te. Dis ver­al in die win­ter waar jy nie al­tyd op die droë plek­kies op jou rug kan by­kom nie, heer­lik. Soms tik hul­le sag­gies met hul vin­ger­pun­te op sen­si­tie­we plek­ke soos jou rug­graat en die ef­fek is ab­so­luut he­mels. Jy kan vra dat hul­le ’n bie­tjie har­der of sag­ter moet krap en streel.

My seuns­kind het soms ge­kraai van die lag as sy te­ra­peut aan ’n kie­lie­ri­ge plek­kie op sy rug ge­raak het en daai lag was voor­waar aan­steek- lik. Die deel waar hul­le jou kop­vel mas­seer, was am­per vir my die lek­ker­ste.

Be­soe­kers kan kies of hul­le ’n half­uur of uur lan­ge be­han­de­ling wil hê en ek kan met eer­lik­heid sê dat ek baie spyt was toe my half­uur om was.

Hier­die is be­slis die i­de­a­le uit­stap­pie vir vrien­din­ne, ma’s met kin­ders, ver­lief­des en ver­lo­re­nes.

Besoek hul web­werf by www.the­tickle­spot.co.za of ska­kel 082 281 8259 vir be­spre­kings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.