‘Wa­ke­field’ is ui­ters neer­druk­kend

Beeld - - Vrydag - Kar­la Jan­se van Vuur­en Met o.a. Bry­an Crans­ton, Jen­ni­fer Gar­ner en Vic­to­ria Bru­no. Re­gie: Ro­bin S­wi­cord. Tyds­duur: 96 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk:

Al­mal van ons het se­ker al lus ge­voel om van ons daag­lik­se le­we te wil ont­snap, om te vlug selfs van dié wat die naas­te aan ons is. Ge­woon­lik is sul­ke ge­voe­lens vlug­tig en kan dit be­sweer word deur ’n bie­tjie me ti­me in die win­kels of op die gholf­baan.

In Wa­ke­field ont­snap Ed­ward Wa­ke­field (Bry­an Crans­ton) nie net vir ’n paar uur uit sy eie le­we nie, maar on­be­paald. Hy kom laat een mid­dag tuis, maar voor hy by sy huis in­gaan, sien hy hoe ’n was­beer by sy mo­tor­huis se oop deur inskar­rel.

Hy sit dit ag­ter­na en jaag uit­ein­de­lik die was­beer uit die ver­trek bo sy mo­tor­huis. Hier haak hy voor die ven­ster vas, waar hy sy vrou Di­a­na (Jen­ni­fer Gar­ner) en hul twee­ling­dog­ters se doen en la­te in die kom­buis dop­hou.

Hy is vas­ge­na­el en ig­no­reer Di­a­na se op­roe­pe na sy sel­foon en toe hy sien hoe sy sy aand­e­te in die as­blik gooi, be­sluit hy moeds­wil­lig om in die mo­tor­huis te wag tot al­mal slaap voor hy in­gaan.

Hy raak eg­ter self in ’n ou ge­mak­stoel aan die slaap en moet die vol- gen­de og­gend toe­kyk hoe sy vrou die po­li­sie laat kom om sy ver­dwy­ning aan te meld. Hoe nou ge­maak? Hy bly maar in die mo­tor­huis . . .

Só be­gin die web wat Wa­ke­field vir hom­self spin en wat hy la­ter geen be­nul het hoe om te ont­snap nie. Hy be­gin soos ’n boe­me­laar op sy eie erf leef en gaan krap saans in as­blik­ke vir kos. Hy het ’n ver­ky­ker in een van die bok­se ont­dek en ge­bruik dit om sy ge­sin dop te hou. Só word hy ’n toe­skou­er waar hy al­tyd ’n deel­ne­mer was.

Die uit­gangs­punt van die fliek is so ver­ge­sog, en tog is dit boei­end, want hoe gaan hier­die man weer die dra­de van sy le­we op­tel (en wil hy)? Die fliek kry een ster vir die bui­ten­ge­wo­ne kon­sep en een vir Crans­ton se spel. Dit is eg­ter ui­ters neer­druk­kend en as ’n mens nie ’n aan­han­ger van Crans­ton en sy ma­nier van to­neel­spel is nie, gaan jy suk­kel om Wa­ke­field te ge­niet. )

Fo­to: COUSART | JFXIMAGES

Bry­an Crans­ton lyk by­na on­her­ken­baar in Wa­ke­field.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.