Crad­le­re­stau­rant kry ’n nu­we baad­jie

Beeld - - Vrydag - Mar­thi­nus Koe­ke­moer Die uit­sig van die Crad­le­re­stau­rant is steeds so a­sem­ro­wend soos al­tyd.

Die Crad­le-re­stau­rant het on­langs ’n nu­we baad­jie ge­kry. Hier­die re­stau­rant, in die Wieg van die Mens­dom, het nog al­tyd ge­spog met ’n a­sem­ro­wen­de uit­sig oor ’n stuk­kie ge­skied­kun­di­ge Suid-A­fri­kaan­se na­tuur­skoon en na­tuur­lik smul­lek­ker kos.

Die uit­sig en kos is nog net so spe­si­aal soos al­tyd, maar daar is dees­dae ook ’n vier­ster­boe­tiek­ho­tel op die na­tuur­re­ser­vaat van so­wat 7 000 ha. Daar is tans ne­ge ka­mers om uit te kies, met nog ne­ge wat in aan­bou is. Laas­ge­noem­de be­hoort teen Sep­tem­ber vir be­spre­kings be­skik­baar te wees. Die ka­mers wis­sel van ’n stan­daard­dub­bel­slaap­ka­mer met ’n bad­ka­mer tot een met sy eie kom­buis en bui­te­stort. Daar is reeds plek ge­maak vir die aan­bou van ’n spa.

Fos­sie­le word steeds op die re­ser­vaat se ter­rein op­ge­gra­we.

Daar is twee plek­ke waar fos­sie­le on­der die toe­sig van die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand op­ge­gra­we word en be­soe­kers kan op ’n toer gaan om hier besoek af te lê. Bou­werk aan ’n mu­seum om van die fos­sie­le te ver­toon, be­gin vol­gen­de jaar met die hulp van Na­ti­o­nal Ge­o­graphic.

Die Crad­le-re­stau­rant se spys­kaart sluit ’n aan­tal voor­ge­reg­te, slaaie, brood, pas­ta en an­der hoof­ge­reg­te in. Ek kan die ta­ma­tie­sop baie sterk aan­be­veel, om nie eens te praat van die tuis­ge­bak­te brood nie. Laas­ge­noem­de moet de­fi­ni­tief nie oor­ge­slaan word nie.

Op my besoek het ’n paar men­se aan my ta­fel die salm­ge­reg ge­ëet en dit baie ge­niet. My bees­fi­let was per­fek be­rei. ’n Mens moet vir se­ker ook plek hou vir na­ge­reg. Pro­beer ge­rus die mal­va­poe­ding, ti­ra­mi­su of don­ker­sjo­ko­la­de­fon­due. Ek het van al drie ’n hap­pie ge­vat en as ie­mand met ’n soet­tand kan ek met se­ker­heid sê ’n mens kan nie met een van dié drie ver­keerd gaan nie. Die re­stau­rant be­dien ont­byt en het ’n groot ver­skei­den­heid van wy­ne, meest­al per bot­tel, te koop.

As jy die na­tuur­skoon van na­der wil be­leef, kan jy ’n wil­drit mee­maak of selfs tus­sen die groe­nig­heid ’n piek- Fo­to’s: MAR­THI­NUS KOE­KE­MOER niek hou. Die­re wat jy dalk sal sien, sluit wil­de­bees­te, ka­meel­per­de en ver­skeie soor­te bok­ke in. Die re­stau­rant het piek­niek­mand­jies be­skik­baar.

Daar is waar­skyn­lik nie veel be­ter plek­ke in Gau­teng as die Crad­le-re­stau­rant om die son te sien sak nie. Met ’n ske­mer­kel­kie – met of son­der al­ko­hol – in die hand ver­dwyn die son sta­dig oor die val­lei en heu­wels, en ’n mens kan kwa­lik glo jy is om­trent tien mi­nu­te van Lan­se­ria af.

Die ta­ma­tie­sop was be­son­der lek­ker.

Die fi­let is per­fek voor­be­rei.

Ver­skeie poe­dings sal e­ni­ge en al­le soet­tan­de te­vre­de stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.