Dirk ‘sal aan­hou ba­klei vir SA bal­let’

Beeld - - Vrydag - Teré­sa Coet­zee

By­na twee jaar na­dat Dirk Ba­den­horst, vo­ri­ge uit­voe­ren­de hoof van Jo­burg Bal­let, on­der ’n don­ker wolk by die maat­skap­py weg is, lyk dit of ge­reg­tig­heid ein­de­lik gaan se­ë­vier.

Dirk Ba­den­horst het on­langs deur Mark T­homp­son, sy regs­ver­teen­woor­di­ger, be­kend ge­maak dat Jo­burg Bal­let ein­de­lik er­ken het dat hul­le hom 10% kom­mis­sie skuld vir die geld wat hy in­ge­sa­mel het in die tyd wat hy vir die bal­let­ge­sel­skap ge­werk het.

Die maat­skap­py het dit voor­heen ont­ken.

James Camp­bell, voor­sit­ter van Jo­burg Bal­let, het in 2015 ge­sê die raad van di­rek­teu­re voel Ba­den­horst het on­reg­ma­tig kom­mis­sie aan hom­self uit­be­taal, maar vol­gens die jong­ste do­ku­men­te wat hul­le uit­ge­reik het, het hul­le wel oor­een­ge­kom om hom 10% kom­mis­sie te be­taal.

Sy eis is eg­ter nou nie meer gel­dig nie, want dit het in­tus­sen ver­jaar.

Ba­den­horst het in 2008 die suk­ses­vol­le bal­let­ge­sel­skap M­zan­si-pro­duk­sies be­gin.

Daar­na is hy ge­na­der om met die South A­fri­can Bal­let T­he­a­t­re saam te smelt, wat toe be­kend ge­word het as South A­fri­can M­zan­zi Bal­let.

In 2013 het dit toe Jo­burg Bal­let ge­word.

“Hoe­wel Jo­burg Bal­let in 2015 reeds koe­ran­te toe ge­gaan het en be­weer het dat daar on­reg­ma­tig­he­de rond­om my kom­mis­sie was, het ek nog die he­le tyd ver­suim om hier­die ge­veg in die o­pen­baar te veg om­dat ek ge­weet het dit gaan nie goed wees vir bal­let in die al­ge­meen nie.

“Maar hul­le het aan­ge­hou om my naam deur die mod­der te sleep.

“Hul­le het selfs ’n e-pos aan hul he­le da­ta­ba­sis ge­stuur waar­in hul­le my naam sleg­ge­maak het,” sê ’n ont­sto­ke Ba­den­horst.

Hy het in­tus­sen ’n eis van meer as R2 mil­joen teen Jo­burg Bal­let in­ge­stel vir geld wat hul­le hom nog skuld.

Ba­den­horst sê hy sal aan­hou ba­klei vir bal­let in SuidA­fri­ka, al het die de­ba­kel tus­sen hom en die ge­sel­skap ’n wrang smaak ge­bring.

“Bal­let bly my pas­sie. Dit bring men­se na ver­hoë wat voor­heen nooit saam op ver­hoë sou ge­kom het nie.

“Al my oor­se­se ver­hou­dings is steeds daar en ons werk reeds aan ’n baie groot kom­pe­ti­sie vir 2018.

“Daar is baie ska­de ge­doen, maar ek glo steeds ge­reg­tig­heid sal op die ou ein­de se­ë­vier.”

Dirk Ba­den­horst

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.