Ras­se­span­ning dáár vir uit­buit

Beeld - - Kommentaar - Koorts is ’n his­to­ri­kus ver­bon­de aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat.

Suid-A­fri­ka­ners se his­to­rie­se won­de is die laas­te tyd rou ge­krap deur Bell Pot­tin­ger se si­nie­se beeld­poet­sers. Men­se is woe­dend en met goeie re­de: In ’n land wat al tel­kens in die ver­le­de op ’n mes­punt was, is die ma­ni­pu­le­ring van ras­se­span­ning – en dít om die aan­dag van die kor­rup­te Gup­tas en hul skoot­hon­de af te lei – ui­ters ge­vaar­lik.

Daar word groot ge­wag ge­maak van die ska­de wat ras­se­ver­hou­din­ge be­rok­ken is – en dit is on­ge­twy­feld so.

Die vraag moet ge­stel word: Waar­om sou ’n bui­te­stan­der juis be­sluit dat ras die doel­tref­fend­ste af­lei­dings­tak­tiek is en waar­om was dit so ge­slaagd? Die ant­woord hou ’n le­li­ke spie­ël vir ons sa­me­le­wing op.

Ras­se­her­ries is die laas­te paar jaar al ’n re­ël­ma­ti­ge ken­merk van ons o­pen­ba­re land­skap. Dink maar aan die woe­de wat Pen­ny S­par­row ont­ke­ten het. Dan was daar #R­ho­desMus­tFall en #Fees­Mus­tFall. Die so­ge­naam­de “de­ko­lo­ni­se­ring”-be­we­ging het baie ge­put uit die dis­koers oor wit­heid en wit be­voor­reg­ting.

Dit is be­grip­pe wat al ’n ruk­kie in die VSA rug­baar is, maar dit het ’n ry­pe teel­aar­de in Suid-A­fri­ka ge­vind. Daar is ook die op­gang wat die EFF met sy ra­di­ka­le re­to­riek die laas­te tyd ge­maak het. Die ANC se ge­pre­dik oor “ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie” klink na ’n deun­tjie wat uit die EFF se lied­boek ge­skeur is en is dui­de­lik daar­op ge­mik om hul lin­ker­vleu­el teen die EFF se aan­slag te be­skerm.

Dié ver­wik­ke­lin­ge is nie deur Bell Pot­tin­ger ge­skep nie – dit is een­vou­dig deur hul­le uit­ge­buit.

Die werk­lik­heid bly staan dat SuidA­fri­ka een van die on­ge­lyk­ste sa­me­le­wings ter wê­reld is, en on­ge­lyk­heid en ar­moe­de vryf sout in die his­to­rie­se won­de. Dit is ook ’n ver­de­re werk­lik­heid dat his­to­rie­se won­de nie gou ge­nees nie – dit neem et­li­ke ge­slag­te. Ons kan dit nie som­mer net weg­praat nie en ons bly kwes­baar om op grond van ras uit­ge­buit te word.

Dit be­te­ken wel nie ons moet ons skou­ers mag­te­loos op­trek nie. Ons het al in die ver­le­de be­wys dat ons ras­se­span­ning in toom kan hou. Ons moet be­dag wees op dít wat ras­se­span­ning ver­er­ger en ons moet ons wy aan dít wat dit kan ont­lont.

Ons moet be­sef so­lank as wat ar­moe­de en on­ge­lyk­heid hoog­ty vier, is nie­mand in Suid-A­fri­ka vei­lig nie. Dit is in ons al­mal se be­lang om ge­meen­skap­pe by te staan om die si­klus van ar- moe­de te breek – of dit nou is om werk­men­se be­hoor­lik te be­taal, by te dra tot kin­der­ont­wik­ke­ling of om die kor­rup­tes en on­be­voeg­des mee­do­ën­loos aan die kaak te stel so­dat ons be­las­ting­geld by die ar­mes kan uit­kom.

Ons moet ook be­sef dat ’n brood-en­bot­ter-be­na­de­ring nie ge­noeg is om ras­se­span­ning te ont­lont nie. Hoe ons oor ons me­de­mens dink en me­kaar be­han­del, is kri­ties be­lang­rik.

Ons moet laas­tens ook be­sef dat Suid-A­fri­ka al eeue lank ’n ver­deel­de, maar nog­tans ver­weef­de sa­me­le­wing is. Die NP kon dit nooit reg­kry om die ras­se be­hoor­lik van me­kaar te skei nie – ons lot bly on­los­maak­lik aan me­kaar se wel­stand ge­kop­pel. Om van me­kaar te pro­beer af­stig pleks daar­van om me­kaar die hand te reik, maak ons net kwes­baar vir die vol­gen­de stel ma­ni­pu­leer­ders.

Ons het ook re­de vir hoop. Die SuidA­fri­ka­ners wat Bell Pot­tin­ger nie met rus wou laat nie, die me­dia, die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en selfs die po­li­ti­ci wat aan­hou om kor­rup­sie bloot te lê, gee ons hoop.

Ons ver­naam­ste hoop kom van die der­dui­sen­de al­le­daag­se ge­ba­re van mens­lik­heid teen­oor me­kaar wat nie nood­wen­dig die voor­blaaie haal nie. Dít is óók die wa­re Suid-A­fri­ka. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.