Kra­kie loop deur die VSA se de­mo­kra­sie

Beeld - - Kommentaar -

Wat ver­on­der­stel was om bloot ’n on­skul­di­ge daad te wees, het gou in ’n re­de­lik ver­ne­de­ren­de pro­ses ont­aard. En as jy in ag neem dat dit in die VSA – die land van die be­vry­des – plaas­ge­vind het, is dit nog­al erg.

Stel jou voor: Vier vrien­de op die voor­aand van die VSA se O­n­af­hank­lik­heids­dag-vie­rin­ge voor die toon­bank van ’n room­ys­win­kel. Vyf mi­nu­te voor toe­maak­tyd, saam met an­der wat gou voor slaap­tyd aan iet­sie wil knib­bel. Een wit, drie swart.

In Suid-A­fri­ka sou een van die drie swart men­se na­tuur­lik bruin wees: Kaap­se laai­tie, af­stam­me­ling van die K­hoi-San en al wat na­sie is. Die twee an­der sou bloot A­fro-A­me­ri­ka­ners wees wat by die aan­hoor van A­fri­kaans hul oë rol en die g-g-g-klank pro­beer na­boots.

Soos die nood­lot dit wou hê, be­stel die eer­ste vriend, ’n li­be­ra­le jon­ge­ling wat hom­self ’n whi­tey noem, ’n melk­skom­mel. Al­mal wou hê, maar om­dat dit in ver­skil­len­de geu­re moes wees, word die be­stel­lings in­di­vi­du­eel ge­plaas. Hy kry sy­ne. Toe die an­der drie vrien­de hul be­stel­lings plaas, het die man en die vrou ag­ter die toon­bank ge­sê: “Jam­mer, ons maak nie melk­skom­mels nie.”

Eers het ons ge­dink dis ’n grap en lag-lag ge­spot en ge­sê: “Maar jul­le het pas voor ons oë vir ’n vriend ’n melk­skom­mel ge­maak.” Maar net so skie­lik as wat ons daar in­ge­loop het, het ons gou ge­noeg ag­ter­ge­kom die twee­tjies dink be­slis nie dis snaaks nie.

Die man het sy rug ge­draai en vir ’n an­der klant (’n wit seun­tjie met ’n dol­lar­noot in die hand) ’n melk­skom­mel ge­maak. Moei­te­loos, met ’n glim­lag – én room be­sprin­kel met sjo­ko­la­de.

Ons het pro­beer pro­tes­teer, maar die win­kel­ei­e­naars was die men­se ag­ter die toon­bank. Die vier vrien­de het hul­le voor­ge­neem om ver­de­re stap­pe te doen en ná so­wat ’n half­uur ná toe­maak­tyd son­der melk­skom­mels uit­ge­loop.

Ie­wers is ’n kraak in die A­me­ri­kaan­se de­mo­kra­sie. Dis tra­gies.

Skie­lik het dit sin ge­maak waar­om die lei­er van ’n stu­den­te­raad aan ’n voor­aan­staan­de tra­di­si­o­neel swart u­ni­ver­si­teit vroe­ër die dag ge­sê het men­se is nog nie vry nie. En hy vier ook nie op 4 Ju­lie die VSA se on­af­hank­lik­heid nie. Toe die VSA in 1776 vir die eer­ste keer sy vry­heid ge­vier het, sê hy, was dui­sen­de swart men­se steeds in ket­tings.

Vir ’n Suid-A­fri­ka­ner wat selfs in sy eie land nog nie so iets be­leef het nie, is dit ont­nug­te­rend. Is dit nie die­self­de land wat an­der lan­de ge­reeld op die vin­gers tik oor men­se­reg­te, vry­heid en on­af­hank­lik­heid nie?

En skie­lik ver­staan ’n mens wat die be­ken­de A­me­ri­kaan­se vry­heid­s­kry­wer James Bald­win in sy boek No­bo­dy K­nows My Na­me be­doel as hy sê: “It is a com­plex fa­te to be an A­me­ri­can.”

Die “be­vry­de” land se ge­skie­de­nis, sy as­pi­ra­sies en oor­win­nings, as­ook sy po­si­sie in die wê­reld, is so u­niek dat “die VSA” steeds ja­re ná on­af­hank­lik­wor­ding eint­lik ’n heel­te­mal on­ge­de­fi­ni­eer­de en vae be­grip is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.