Melk­plaas on­der staat­ska­pers se erg­ste ver­gry­pe

Beeld - - Kommentaar -

Een van die staat­ska­pers se mees si­nie­se, koel­bloe­dig­ste ver­gry­pe is die V­re­de-sui­wel­pro­jek. Die #Gup­taLe­aks het ver­moe­dens be­ves­tig: Die Gup­tas het di­rek voor­deel uit die plun­de­ring van die Vry­staat­se staats­kas ge­trek deur­dat on­der meer vir ’n uit­spat­ti­ge troue van R30 mil­joen in Sun Ci­ty help be­taal is uit staats­geld vir die melk­plaas.

Dié ver­gry­pe byt men­se soos p­res. Ja­cob Zu­ma en pre­mier Ace Ma­gas­hu­le nou in die hak­skeen, want in die stryd om die staat­ska­pers aan die man te bring, duik die V­re­de-melk­plaas kort-kort op.

Adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa het op die SAKP se kon­gres aan die Oos-Rand in ’n sie­den­de aan­val op die plun­de­raars van die staats­kas na die V­re­de­skan­daal ver­wys. Hy sê te­reg die sui­wel­pro­jek­geld vir die Gup­ta-troue is hulp­bron­ne wat eint­lik die men­se van die land toe­kom en eis dat al die ge­steel­de geld ver­haal word.

M­mu­si Mai­ma­ne, lei­er van die DA, het eer­gis­ter op ’n besoek aan V­re­de dié “mo­nu­ment vir kor­rup­sie” be­stem­pel as Ma­gas­hu­le en Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne en des­tyd­se LUR vir land­bou, se N­kand­la. Hy be­stem­pel die pro­jek as ver­raad teen­oor die men­se.

Dui­se­ling­wek­ken­de be­drae is ter spra­ke. In die uit­ge­lek­te Gup­ta-e-pos word R183 mil­joen ge­noem, maar ver­le­de jaar is be­rig dat die melk­plaas se­dert 2014 so­wat R570 mil­joen ge­kos het (N­kand­la het “net” R246 mil­joen ge­kos). Dít vir ’n mel­ke­ry met 200 F­rie­skoeie. Die be­lof­te van sui­wel­pro­duk­te vir die ge­meen­skap was net ’n leë a­gen­da.

Dit is nood­saak­lik dat die o­pen­ba­re be­sker­mer, wat van­dees­week die lig ge­sien het en nou saam­stem dat staat­skaping in­der­daad deur ’n reg­ter­li­ke kom­mis­sie on­der­soek moet word, drin­gen­de voor­keur aan die on­der­soek na die sui­wel­pro­jek gee. Die ver­slag daar­oor sloer al ja­re.

Oor staat­skaping, kor­rup­sie en die Gup­tas slaan Ra­map­ho­sa die spy­ker op die kop: “Die (ANC se) huis is aan die brand.” Die vol­le om­vang van die staat­skaping in Suid-A­fri­ka moet so spoe­dig moont­lik deur staats­in­stel­lings bloot­ge­lê en die skul­di­ges aan die man ge­bring en ge­straf word.

Dit sal nie die on­be­re­ken­ba­re ska­de aan die land en sy men­se on­ge­daan maak nie, maar ’n sterk bood­skap oor­dra dat Suid-A­fri­ka en sy hulp­bron­ne nie te koop is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.