Is ons die kroon van die skep­ping?

Beeld - - Kommentaar - Jan Ven­ter, Bloem­fon­tein

3 000 jaar ge­le­de was daar geen pro­bleem nie.

Dit was mak­lik om te glo dat God die aar­de, die son, die maan en die ster­re ter wil­le van ons ge­ska­pe het en dat ons die uit­ver­ko­re­nes is om daar­oor te heers.

Van­dag is ge­loof ’n bie­tjie moei­li­ker.

Ons weet dat ons aar­de nie al­leen is nie, maar een van agt pla­ne­te in ons son­ne­stel­sel. Ook dat daar min­stens 100 mil­jard pla­ne­te in ons Melk­weg­stel­sel is, na al­le waar­skyn­lik­heid selfs aan­sien­lik meer as 1 mil­jard.

Ge­dag­tig daar­aan dat ons Melk­weg­stel­sel maar een van meer as 1 mil­jard sul­ke stel­sels in die sig­ba­re heel­al is, be­te­ken dit dat daar moont­lik 1 mil­joen tril­joen (10 met 24 nul­le) pla­ne­te is. (Die sy­fer is vier maal gro­ter as die ge­tal tee­le­pels wa­ter in al die o­se­a­ne).

Al sou daar net een be­woon­ba­re pla­neet per ster­re­stel­sel wees, be­te­ken dit dat daar nog­tans 1 mil­jard pla­ne­te kan wees waar­op le­we kan voor­kom, met bes moont­lik ho­ër le­wens­vor­me en meer ge­vor­der­de be­ska­wings as ons eie.

Wil ons nog glo dat al­les in hier­die on­meet­baar groot skep­ping ons ter­wil­le is? Dat ons die kroon daar­van dra? Dat ons aan­ge­stel is om daar­oor te heers?

In die lig van die ge­mors wat ons be­sig is om daar­van te maak, dink ek die ant­woord op al drie vrae is baie be­slis nee!

Of is daar bui­te­aards dui­sen­de an­der we­sens wat ons na­ï­wi­teit deel?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.