G’n nut vir sul­ke pot­sier­lik­he­de

Beeld - - Kommentaar - Jo­an Ham­bid­ge, Kaap­stad

In sy be­spre­king van Ru­an Fou­rie se de­buut­bun­del (“Dig­ter nie teen hom­self be­skerm”, 10.07) mis­bruik Tom Gouws die ge­sie­ne li­te­ra­tor A.P. Gro­vé se naam.

Dit is én bly ’n re­sen­sent se reg om sy sie­ning oor ’n boek se ge­hal­te neer te pen, maar wan­neer die re­sen­sie in ’n on­smaak­li­ke ur­ban le­gend ont­aard, moet be­swaar aan­ge­te­ken word.

Ek het prof. Gro­vé in 1980 ont­moet toe hy de­kaan aan die UP was en ek op na­graad­se vlak daar wou be­gin stu- deer. Ek het hom hof­lik en be­skaaf ge­vind. Daar­na het hy deur die ja­re uit­ste­ken­de ver­slae oor my bun­dels ge­skryf en ek was ook by ge­leent­heid ’n gas in sy huis.

Dit val te be­twy­fel dat hier­die li­te­ra­tor ’n jong stu­dent so ’n ba­na­le woord sou toe­voeg oor sy werk. Selfs al was hy kri­ties oor ’n bun­del, was hy al­tyd be­leef en in­tel­lek­tu­eel deur­dag.

Hoe gaan daar­die ou lied­jie nou weer? “Vat jou goed en trek, Fer­rei­ra . . .”

Ons het nie sul­ke pot­sier­lik­he­de no­dig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.