Goeie Nuus

He­re, leer ons bid!

Beeld - - Middleblad - – S­te­phan Jou­bert

Ons moet leer bid. Ons moet le­wens­lank in­oe­fen om reg te bid. Ons ver­laat nooit Je­sus se skool van ge­bed nie. Nooit ver­an­der ons in so­ge­naam­de ge­beds­ken­ners of ge­beds­hel­de wat dit el­ke slag reg­kry nie.

Ons moet oor en oor leer dat ge­bed oor God gaan. Dit gaan oor sy eer, sy wil, sy ko­nink­ryk.

T­wee­dens moet ons leer ge­bed gaan oor die nood en be­hoef­tes van an­der men­se. Ons eie be­hoef­tes kry al­tyd die laas­te plek in die ry wan­neer ons bid. Ons bid ons­self uit al­le be­lang­rik­heid en self­be­voor­de­ling uit.

God moet meer word en ons­self min­der in al ons ge­be­de. An­ders gaan ons net ge­frus­treer­de bid­ders wees.

Ge­bed kom nie mak­lik of van­self nie. Dit vra om rein har­te en op­reg­te ge­loof.

Dit vra ook dat ons die By­bel moet ken, want ons kan nie teen God se wil in bid nie.

Om hier­die re­des meld ons van­dag nog­maals by Je­sus se skool van ge­bed aan met die ver­soek: “He­re, leer ons bid!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.