20 j. oor hy Poe­tin­kri­ti­kus skiet

Beeld - - Wêreld­-Beeld - – Reu­ters

Die moor­de­naar van een van p­res. Wla­di­mir Poe­tin van Rus­land se groot­ste kri­ti­ci is gis­ter tot 20 jaar tronk­straf ge­von­nis.

Die op­po­si­sie­lei­er Bo­rix Nemt­sof (55) is in 2015 ver­moor ter­wyl hy na­by die K­rem­lin in Mo­s­kou ge­stap het na­dat hy met sy vrien­din aand­e­te gaan eet het.

Hy het in daar­die sta­di­um aan ’n ver­slag ge­werk oor die Rus­sie­se Fe­de­ra­sie se rol in die kon­flik in die Oe­kra­ï­ne.

’n Spe­si­a­le mi­li­tê­re hof het Zaur Da­da­jef van T­sjetsj­nië ver­le­de maand reeds skul­dig be­vind aan moord.

Dié voor­ma­li­ge sol­daat is gis­ter tot 20 jaar tronk­straf ge­von­nis, ter­wyl die vier mans wat hom hulp ver­leen het von­nis­se van tus­sen 11 en 19 jaar op­ge­lê is.

Da­da­jef het glo die snel­ler ge­trek, maar Poe­tin-op­po­nen­te sê die saak is ’n po­ging om die men­se te be­skerm wat die op­drag vir die sluip­moord ge­gee het. “Die te­kort­ko­ming in hier­die uit­spraak is dat die­ge­ne wat die mis­daad ge­or­ga­ni­seer en die op­drag daar­voor ge­gee het, nie in die be­skul­dig­de­bank staan nie,” sê Wa­dim Prok­ho­rof, regs­man van Nemt­sof se dog­ter, Z­han­na.

Vol­gens staats­aan­kla­ers het die vyf mans Nemt­sof ag­ter­volg na­dat ’n los­prys op sy kop ge­plaas is.

Fo­to: REU­TERS

Zaur Da­da­jef

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.